Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Baie dag uitstappies in die area. Oulike eetplekke en natuurlik wynplase."
"Merweville is pragtig skoon, werklik 'n Karoo-paradysie. Daar is nou 'n teerpad vanaf die N1 na Merweville, al wys die padkaarte dit nie aan nie. Die pad loop vanaf Prins Albert-weg direk na Merweville. Nie veel om te doen nie, maar net om die Karoo stilte te ervaar is wonderlik. Mens kan lekker ver gaan stap. Baie veilig, en die mense is baie vriendelik. Daar is twee oulike en outydse winkeltjies in die dorp met 'n verbasende verskeidenheid goed om te koop."
"Breakfast at Rosemead Artisan Bakery in Yzerfontein Lifestyle Centre in Park Street was great!"
"Onrus is dorpie wat jou alle moderne geriewe aanbied, maar met die rustigheid en vriendelikheid van 'n klein dorpie. As jy wil wegbreek van alles en almal is dit die plek on te gaan om van dit te vergeet."
"Baie te doen en te sien. Te min tyd deur gebring daar. Kom definitief weer terug."
"Witsand is 'n baie duur dorp ek sal aanbeveel dat jy al jou kos en drankies vooraf koop en saamneem. "
"'n Lus vir die oog. Ons was in Augustus daar, wat effens koud was, maar is absoluut beloon met ongelooflike natuurskoon. Die kanola is dan in blom en dit is die mooiste gesig! Caledon is 'n juweel van 'n dorp met lekker doendinge, natuurlik ook die heerlike Caledon warmwater bronne, Onthou om swemklere in te pak, Caledon hou nie aan nie."
"Die klein winkeltjie en restaurant is buite seisoen nie baie great nie, maar Stilbaai het alles en meer wat jy nodig het."
"Ongelooflike mooi plek langs die Weskus. Wat nogal opvallend is, is dat daar geweldig baie kinders op straat loop en vir geld vra en ook goed aan jou probeer verkoop."