Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Very clean with lots of old style homes and beautiful view of Langeberg mountains."
"Ons was baie teleurgesteld gewees, want ons wou graag die donkiekar rit doen, maar mens moet 'n dag voor die tyd bespreek."
"Dit is ons gunsteling oorstop in die Karoo op pad Kaap toe, dit is so mooi omgewing, maar tog het die dorp self ook 'n bekoring van sy eie met oulike snuffelwinkels en lekker eetplekkies. Daar heers beslis 'n aangename vibe. "
"We know Kleinmond from previous visits but are doubtful whether we would return. It could have been the time of year we came, but the lagoon is dirty and the sea is dangerous. However, the old harbour has been touched up and here and there, and there are new restaurants to try - though eating out can be very expensive and the quality of dishes do not match the high costs charged. Big bonus: the pink shop opposite FNB selling pies - everything on sale was delicious. "
"As jy nie in die geskiedenis belangstel nie, is daar niks anders wat as trekpleister dien nie."
"Sal verseker weer gaan, mal oor Hartenbos, veral vir die kinders, baie om te doen, super skoon."
"Swellendam is die vriendelikste dorpie waar ek al was en ek sal verseker weer daar 'n draai maak. Daar is so baie om te doen, die dorp is silwerskoon en almal is vriendelik!"
"Die wind waai net verskriklik daar. En hulle kan gerus bietjie aandag gee met die skoonmaak van die strande."
"Oudtshoorn is regtig 'n plek om te besoek daar is so baie om te doen en te besigtig 'n mens het werklik 'n maand vakansie nodig om al die plekkies te besoek rondom Oudtshoorn."
"Ons is oortuig daarvan dat die dorpie wel ryk is aan geskiedenis en kulturele skatte, maar daar is ook 'n steurende kommersiële invloed. Ons het die indruk gekry dat die oorspronklike karakter van die dorp verbloem word deur 'n oor-entoesiastiese toeriste-fokus. Dit wil voorkom asof die dorpie 'n naweek-dorpie geword het vir kunstenaars en stadsvlugtelinge. Soos 'n toenemende aantal dorpe in ons platteland word Pince Albert amper 'n spookdorpie in die week."
"Pragtige dorpie. Heerlike restaurant - probeer gerus die Belgian Kitchen se Hoenderslaai! Daar is ook pragtige winkeltjies en baie vriendelike mense! Tulbagh het 'n paar wynplase en is goed geleë om na Paarl of Stellies toe te ry vir die dag ..."
"Franschhoek is beautiful en ek sal dit aan enige iemand aanbeveel wat lief is vir wyn en lekker kos."
"Groenpunt has not much to offer, but is close enough to everything - one can even walk to the V&A and to town, so from that point it's suitable."
"Baie lekker, rustig skoon met asemrowende natuurskoon. Die kreef depot kan gerus 'n bietjie van sy tonne krewe beskikbaar maak aan die toeriste, hetsy met 'n kreefinligting en braaigeleenthede, of vir selfs braai ten minste een maal per week in Desember."