Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 10996 resensies.
"Die kreefsmouse maak jou mal en die veilgheid met geen polisiekantoor is nogal kommerwekkend."
"Sekerlik een van die Weskus se geheime wat baie goed bewaar is! Fantastiese skoon strande en lae kommersiële impak beteken dis nog 'n plek waarheen mens kan wegbreek sonder om deel te voel van 'n toerismenes."
"Wat 'n pragtige dorpie, rustig met bote wat uitgaan, bedrywige vissermanne, pragtige see en uitsonderlike ronde klippe. Sal definitief weer hierheen kom. "
"Twee uitstaande maaltye geniet - een by The Cabin en ander op die hawe. Bewaar dit soos dit is."
"Ek dink Paternoster is 'n mooi plekkie vir toeriste en sal dit vir enigeen aanbeveel."
"Loved the overall friendliness and helpfulness of the Paternoster residents would definitely recommend to family and friends a beautiful lovely destination. "
"Yzerfontein is 'n pragtige plek met lang strande, 'n groen-blou see en Weskus-kuslyn kan jy amper in Griekeland wees."
"Aangename en rustige plek om te ontspan. Moet net bereid wees om die wind en die weer te vat soos dit kom."
"Dit was nie my eerste keer in Jacobsbaai nie, maar wel my nommer 1 plekkie vir 'n wegbreeknaweek. Elke keer as ek daar kom voel ek tuis en ek kan my verkyk aan die pragtige baai met sy mooi huise. Ek dink die grondpaaie gee karakter!"
"Die boottrip van Tollies was voorwaar 'n wenner. Baie vriendelike mense en vertel jou baie van Velddrif en Port Owen area. Die roei deur die Bergrivier was baie lekker. Dis baie skoon en netjies. Iets wat ek enige tyd weer sal doen."
"Muisbosskerm Restaurant en hawe met seemeeue is beslis 'n ondervinding wat besoek moet word."
"Ons is absoluut gek oor Lambertsbaai! Ons gaan elke jaar minstens een keer soontoe! Het al lekker vriende gemaak met die locals en geniet die restaurante (Mad Hatter Café, Weskus Kombuis, Muisbosskerm, Isabella's en selfs Funky Tastebuds) vreeslik baie asook Bird Island met sy duisende malgasse. Daar is lekker snorkel-moontlikhede vir die wat soos ons bereid is om die koue water te trotseer. 'n Absolute moet-besoek bestemming aan die pragtige Weskus."