Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 7117 reviews.
"Doringbaai is nie 'n luukse toeristebestemming nie, maar wel lekker lewe naby die natuur."
"Real old school Weskus feel meets upmarket modern Marina lifestyle. Bit of both worlds on the iconic Berg river and eco preserved vlei land seasonal home to hundreds of flamingos and other birdlife."
"Lambertsbaai is 'n uitsonderlike plek met wonderlike mense. Sal enige dag weer teruggaan!"
"Pragtige, skoon Weskusdorpie met fantastiese strand en volstruisies in die pad, dis uniek."
"Baie aktiwiteite soos bv. voëlkyk en visvang op die rivier. Oulike eetplekke in Bokkomlaan."
"Lekker baie winkels om rond te snuffel. En daai pizza plek se pizza's en roomys cone, was uit die boeke."
"Dis jammer dat betaling (toegang) vereis word indien van Club Mykonos se restaurante gebruik gemaak word."
"Dit is 'n wonderlike plek. Ons gaan verseker weer, ons verkies net 'n see-uitsig."
"Very nice place, loved the early morning beach walk, felt very safe, the privacy that you have, and a very relaxed place, seeing the boats pulling early morning after their catch. Small town but very nice."
"Ons ken Dwarskersbos redelik goed omdat ons ook baie in die karavaanpark deur gebring het, was dit tentopslaan of bly in die rondawel of huisies. Dit is 'n heerlike rustige dorpie waar 'n mens kan sit en regtig ontspan en jouself vind met die rustigheid van die dorp en nie die gejaag van die stad nie. Almal op die dorp is regtig baie vriendelik en sal enige iemand aanraai indien jy nog nooit in dwarskwersbos vakansie gehou het nie, gaan gerus en ondervind die rustigeheid wat dit jou bied."
"Veilig en skoon. Een middag laat het ons 'n uitgespoelderob karkas op die strand gesien(by Paradise Beach se strand self) maar die volgende oggend was dit weer skoon, so daar word gewerk daaraan om dit oral netjies te hou. Ongelukkig minag baie honde-eienaars steeds bordjies wat vra dat honde te alle tye aan leibande moet wees en dat eienaars die honde se nommer 2 moet optel en dis aaklig as so iets in die stappaadjie lê. Ek hoop daar sal iets aan gedoen word aangesien my iemand se skaaphond (ten spyte daarvan dat die eienaars hom bly roep het en hy nie geluister het) my man bestorm en heel aggressief gelyk het. Mens is nie lus vir konfrontasies met eienaars en ek hoop die tipe van ding kan opgevolg word sodat almal te alle tye gelukkig is."
"Langebaan is an awesome place to visit. I won't mind going there over an over again."
"A lovely little town with friendly people, a must-go destination if you have not been there as yet."