Geverifieerde Resensie
Wierda Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wierda Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 9 resensies.
"Ons het Wierdapark as baie veilig ervaar. Daar is voldoende inkopiesentrums en eetplekke asook baie besienswaardighede in die omgewing. Daar is ook 'n uitstekende mediese sentrum in die omgewing. Die verkeer, alhoewel druk met tye is heeltemal aanvaarbaar, veral vir plattelanders!"
"Lyk na 'n baie lekker area om in te woon. Ons is van die platteland en het steeds tuis gevoel daar."
"Dit is baie goed geleë, naby alles in Pretoria omgewing.Van hier kan jy maklik enige plek in Pretoria of Johannesburg uitkom. Ek sou nie sê dat Wierdapark 'n bestemming op sigself is nie."
"Heelwat gastehuise in die omgewing. Geen toeriste-aantreklikhede nie, maar gerieflik vir besigheid doeleindes."