Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3542 resensies.
"Marloth Park is always a favourite. It's close to the Kruger Park and it's nice and relaxing. Perfect for a quick getaway."
"Puik wegbreek van die stad se gejaag! Het vreeslik baie wild gesien, onder andere 'n jagluiperd wat 'n rooibok in 'n boom opgesleep het. Groot troppe olifante wat by die rivier kom wei en gespeel het!"
"Marlothpark is 'n lekker ontspanningsplek en ons het alle soorte diere daar binne sowel as van daar af gesien. Die Amazing Kruger View Restaurant is 'n fantastiese eet- en kuierplek en alles in Marlothpark is netjies, skoon en veilig. Dit is beslis 'n lekker plek."
"'n Wonderlike dorpie waar die straatdiere kudus, rooibokke, zebra en blouwildebeeste is. Naby geleë aan die wildtuin. Die perfekte vakansiebestemming vir almal wat lief is vir die natuur."
"Wonderlik, lekker! Baie goedkoper as Wildtuin en hope meer luuks!"
"Bly altyd baie lekker in Marloth. Geniet dit net so baie. Maar hulle sal moet iets doen aan hulle paaie wat op dele baie sleg is, veral in Seekoeiweg."
"Vir ons as familie bly dit 'n belewenis om na Marloth te gaan en altyd iets waarna ons uitsien!"
"Asemrowend mooi en lekker. Sal vir seker mense aanbeveel om daar te gaan ontspan."
"Marloth is tops ─ sal enige tyd weer besoek. Love dit. Rustigheid, bos en diere."
"In Marlothpark is ligging van verblyf baie belangrik. Marlothpark is 'n goeie bestemming as verblyf om die Krugerwildtuin te besoek."
"Marlothpark is 'n lieflike plek om te gaan asemskep en lekker te ontspan en familietyd te geniet. Sal altyd teruggaan soentoe!"
"Park was in 'n goeie kondisie na die reën wat geval het die jaar. Wild was volop en lekker om na te kyk! Die slangebewusmaking-uitstalling by winkel was interessant vir die kinders."
"Die Park is regtig 'n wonderlike plek om die diere van naby te sien en is' n spesiale ondervinding. Oor die Paasnaweek was dit net baie vol, besig en redelike raserig met baie verkeer. Ons kon ook nie by die Kruger Wildtuin inkom nie."
"Shame, the bad rains have badly affected the roads, and it was very bad to drive on the small roads."
"Skraap die grondpaaie veral die wat uitdraai na die huise aan wildtuin se kant, dit is regtig baie erg."
"Fantastiese plek as jy diere wil besigtig. Daar is ook baie akkommodasie beskikbaar. Kyk net mooi waarvoor jy betaal."