Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3542 resensies.
"Awesome plek kom nou al vir amper 10 jaar na Marloth toe en dit is altyd aangenaam om weer te moet terugkom en ons as gesin of met vriende sien altyd uit om weer te kom."
"Lekker verblyf naby die Kruger Park. Baie toeganklik tot ander besienswaardighede. Noodsaaklike dienste soos winkels en banke ook in die park beskikbaar. "
"Beïndruk met die winkelgeriewe en sekuriteit van Marloth Park. Sal graag daar wil wees na goeie reën."
"Besoekers uit die stad moet net in ag neem dat die Spar en Checkers nie na 18:00 oop is nie. Gerieflike oorslaap vir die grens en Kruger Wildtuin. Goedkoop diesel ook beskikbaar by die depot."
"Dis lekker om daar te kuier. Die mense is vriendelik en bedagsaam. Sal weer teruggaan Marloth toe vir 'n kuier. "
"Baie lekker. Daar is genoeg winkels om in jou behoeftes te voorsien en die mense is ook baie vriendelik en hulpvaardig."
"Altyd lekker om daar te bly tussen die diere. Vriendelike mense en waardeer veral die rustige atmosfeer."
"Baie lekker. Die mense in die winkels en orals anders laat jou welkom voel. Baie dankie aan al die personeel. "
"A beautiful place with friendly people and lots to see. "
"Marloth Park = Sielskos! Ek wil definitief kyk of ek 'n huis daar kan koop. Beste plek ooit!"
"Nie veel diere gesien nie, maar dis maar die droogte. Hoop en bid vir goeie reën. Ons het darem kameelperde op pad uit gekry. Alles wat 'n mens nodig het op een stuk grond. "
"Die bos en Marloth is die plek om 'n mens weer 'n nuwe uitkyk op die lewe te gee."