Geverifieerde Resensie
Williston
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Williston bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 204 resensies.
"Nie regtig 'n toeriste-bestemming nie. Eerder geskik vir oornag wanneer op reis."
"'n Ligpunt van ons verblyf op Williston was die wonderlike restaurant, Manna, waar ons aandete en ontbyt geniet het. Die diens is briljant, die kos heerlik en Nisi het ons soos goud behandel. Die restaurant is een van die beste plattelandse plekkies wat ons al ooit op afgekom het, 'n versteekte juweel."
"Het dalk bietjie min tyd gehad om Williston meer te verken - so nou dat ek weet waar om te bly, sal ek graag meer van die toere in die omgewing 'n kans gee."
"Ons het net een nag oorgeslaap. Baie vriendelike mense. Veilige omgewing. Inwoners is baie behulpsaam."
"Daar is baie om te leer oor die Boereoorlog, die mense is vriendelik en dis 'n ideale stop op pad Namakwaland toe en ook direk op pad om die lenteblomme te besigtig."
"Williston is 'n pragtige, netjiese en veilige Karoodorpie, met gasvrye mense, waar jy die heerlikste vleis en wors kan koop."
"Stil, rustige, netjiese dorpie met vriendelike mense en 'n supermark wat in alle behoeftes voldoen."