Geverifieerde Resensie
Winklespruit
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Winklespruit bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 124 resensies.
"Toeriste moet liewer van Durban of Margate gebruik maak aangesien dit meer kommersieel is. Winkelspruit is pragtig soos dit is en alles wat ons rustige mense nodig het is daar. "
"Winkelspruit se strand is baie skoon, netjies en klein en daar is nie te veel mense nie. Baie lekker om as gesin daar te ontspan."
"Dis 'n baie goeie gebied wat baie sentraal geleë is. Dit is naby baie ander vakansieplekke en toeristegebiede wat jou vakansie meer interessant en lekker maak!"
"Pragtige dorp, goed geleë, by die see en naby groot stede en dorpe, soos byvoorbeeld, Amanzimtoti en Durban. Sal definitief weer en weer Winklespruit wil besoek!"
"Rustige plekkie. Eetplekke maak net te vroeg toe en daar is te min. Verder wat netheid en wildlewe aanbetref uitstekend."
"Winklespruit is 'n baie rustige strand en alles wat jy nodig het is in naby omgewing. Heerlike vakansie plek."
"Die splash-world het natuurlik gesorg vir baie pret en opwinding vir elkeen van ons, selfs ouma het dit gate uit geniet op die slides. Die strand is skoon en pragtig. "
"Die strand is veilig met lewensredders. Daar is 'n Pick n Pay asook Spar wat inkopies moeiteloos maak. Daar is vulstasies. Alles wat 'n vakansieganger benodig is daar. Baie Afrikaanssprekende mense. Hou van die plek."
"Winklespruit is definitely for those who prefer self-catering. There are no restaurants on or near the beach. The Municipality keeps the swimming beach, the amenities there and the most brilliant seawater swimming pool which has swimming lanes in tip-top shape. Congratulations to Durban. Good walks on the beach are possible in both directions. Although part of the Durban Municipality, it is one of the best places for a beach holiday on the KwaZulu-Natal South Coast. Supermarkets are found in walking distance. "
"Die omgewing is pragtig en eks bly die natuur word nie heeltemal deur die mens vernietig nie."
"Baie goeie vakansiebestemming. Maklik en vinnige toegang van Gauteng. Wind kan net in die aande jou braai bietjie moeilik maak :)"
"Winkelspruit self is 'n klein maar rustige area met skoon strande en nie 'n toeloop van mense nie so jy kan rustig 'n dag by die strand geniet met jou gesin en kinders sonder om betrap te word deur mense wat die strand gebruik. Winkelsentrums is naby en ander sentrums en aktiwiteite is nie te ver nie, met 'n skaarse 10 min weg is jy by Galleria Mall in Amanzimtoti. Winkelspruit is definitief 'n lekker vakansieplek vir jou en jou gesin."
"Really close to everything near Durban, but not as busy as the north coast."