Geverifieerde Resensie
White River
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in White River bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 252 resensies.
"Die dorp van Witrivier het verskriklik baie wat in hulle guns tel. Dis reg langs Nelspruit, wat op sy eie 'n wonderlike stad is, maar ver genoeg uit om 'n rustige wegbreek te kan geniet. Dis omtrent 30 min se ry van die Kruger Wildtuin af, wat altyd 'n wenner is, maar het tonne ander buite-aktiwiteite in die dorp self om te gaan geniet (markies; gholf; damme om in te swem, vis te vang, en te roei; ens). Hierdie dorpie verdien om op elke persoon (plaaslik en internasionaal) se "bucket list" te verskyn."
"Lekker sentraal met vele dinge om te doen en nog meer besienswaardighede in die omliggende gebied."
"Dit was 'n goeie ligging vir oornag, maar ek sal nie enige rede insien om langer as 'n nag te spandeer nie."
"It is a charming town with so much to see and do - always great to visit the town."
"' n Hoogtepunt in Witrivier is 'n besoek aan die bekende pottebakkers, Esra en Anton Bosch se afsonderlike studios. Die welige inheemse plantegroei maak voëlkyk ook 'n plesier."
"We were only there for the afternoon but visited Castlebridge Shopping Centre - the unexpected highlight was discovering the motor museum."
"Witrivier is pragtige klein dorpie met alles wat mens vir alledaagse leef nodig het. Nelspruit is net 'n paar kilometers weg sou mens groter winkels wil besoek. Die Panoramaroete en al sy toeriste aanloklikhede is naby."