Geverifieerde Resensie
Witsand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Witsand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 672 resensies.
"Min om te doen vir kinders. As jy nie 'n boot het nie is die aktiwiteite op Witsand maar beperk. Winkels is baie duur, moet alles saamneem anders betaal jy jou ore van jou kop af."
"Beslis 'n plek wat ek weer wil besoek. Rustige atmosfeer, pragtige huise en vriendelike mense!"
"Witsand is fantasties as jy hou van watersport, veral kitesurfing. My dogter het dit vreeslik geniet en die lesse by Breederiver Lodge is regtig goed. Maar as 'n familiestrand is daar baie, baie beter opsies. "
"Witsand is 'n rustige dorpie en ideal vir 'n werkbreek van die geraas van die stadslewe."
"Witsand is een van die beste plekke om jou kinders heen te vat."
"Dis baie lekker en veilig en privaat en niemand kom check op jou. Dis net nice as mense jou trust ... Beste naweek ooit (goeie een LekkeSlaap!)"
"Witsand is 'n klein, stil vissersdorpie. As jy soek na stilte is dit 'n goeie plek om te wees. Daar is regtig nie veel om te doen nie, tensy jy hou van visvang ens. Baie mooi omgewing met 'n groot verskeidenheid voëls. Vriendelike mense."
"Retreat for quiet time and to relax and not if you like the buzz of a busy coastal town."
"Witsand is nog baie onderontwikkeld as 'n toeriste bestemming maar het baie potensiaal. Net baie noodsaaklike geriewe is beskikbaar in die dorp maar Heidelberg is net 35 km waar veel meer beskikbaar is. Die rivier bied baie vir die hengelaar en die see en monding het sy eie bekoring. As jy rustigheid soek reken ek Witsand met sy sowat 300 permanente inwoners is 'n uitstekende opsie, veral buite seisoen. Pragtige geleentheid vir walviskyk."