Verified Reviews
Yzerfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Yzerfontein
Rated 4.7 out of 5 based on 767 reviews.
"Wat mens kry is meer as wat foto's wys. Die eenheid wat ons bewoon het was van so 'n aard, dat ons kon braai sonder dat die sterk winde wat die Vrydagaand gewaai het, ons enigsins gepla het."
"'n Plek wat jy graag weer en weer wil besoek, 'n vriendelike dorp, netjies, skoon winkels. Veilige staproetes."
"Hoewel die wind ons strandkuier maar soms geboikot het, was daar genoeg ander lekker dinge om te doen, soos stap langs die pragtige lang strand, kuier om die swembad en sommer net lekker ontspan."
"Yzerfotein self het nie veel om te doen nie, maar mens kan baie rondry en plekke gaan besoek."
"Safe place to stay and great beach, shops have all you need and people very helpful and friendly."
"Ons geniet dit baie. Dis nie te ver om van Stellenbosch af te besoek nie en daar is oulike winkeltjies ook om in rond te snuffel."
"Dit was ons eerste keer in Yzerfontein gewees en sal vir seker weer teruggaan."
"Yzerfontein is 'n pragtige klein Weskus dorpie, ek hoop dat daar in die toekoms meer verskeidenheid van winkels en eetplekkies sal kom."
"Baie mooi en lekker strand. Om kos te kry is net 'n probleem aangesien net een restaurant aandete gedoen het in die hele dorp. Ek weet nie of dit altyd so is en of dit net gedurende hierdie tyd was nie."
"Yzerfontein voed jou siel met die pragtige lang, wit strand. Dit is veilig om te gaan stap. Die winkels is uitstekend, kan wegbreek van die buite wêreld en net ontspan."
"Yzerfontein is 'n juweel aan die Weskus met vriendelike mense, pragtige strande en lekkerste bakkery en restaurante. Beslis 'n besoek werd."