Geverifieerde Resensie
Yzerfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Yzerfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1417 resensies.
"Ons het 'n sagte plekkie vir Yzerfontein en probeer so gereeld moontlik daar kuier."
"As jy net wil ontspan by die see is Yzerfontein great. As jy wil shop, not so much. Maar al die mense op die dorp is regtig baie nice."
"Baie lekker bestemming met heerlike strand en uitstekende restaurante"
"Mooie klein dorpie. Nie lank genoeg gebly om meer te kan sê nie, maar gaan definitief eendag weer 'n draai daar maak."
"Yzerfontein is 'n klein Weskusdorpie wat 'n rustige atmosfeer skep. 'n Ware besoekpunt vir besige mense wat 'n bestemming soek om te rus, ontspan en die seelug in te asem."
"Yzerfontein is relatief naby, het goeie geriewe en is 'n lieflike vakansiebestemming (mits die weer natuurlik saamspeel)."
"Die strand is lieflik, die natuurskoon pragtig. Vir baie loop en verder 'n rustige, ontspanne tydjie is Yzerfontein 'n goeie keuse. Yzerfontein is ook lekker naby aan Darling vir 'n dagbesoek."
"Ongelooflike mooi, gesellige bestemming om te besoek. Sal definitief weer Yzerfontein besoek."
"Yzerfontein is small and laid back. Not a lot of restaurants to choose from. We mainly went to Lula's (very nice). Perfect for relaxing. Tip: book activities in advance, before you go on your trip. Beautiful sightseeing and small hiking trails."
"Die tyd wat ons daar was was dit nie so besig nie en ons het dit so verkies. Ook nie so ver van Kaapstad se lughawe waarvan af ons gereis het nie."
"Natuur is absoluut fantasties. Die strande is ongelooflik om op te stap. Alles is sentraal geleë en die diens oral is baie behulpsaam en vriendelik."