Geverifieerde Resensie
Yzerfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Yzerfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1417 resensies.
"Sjarmante dorpie, klein maar het lewe, beeldskoon en stilte wanneer jy dit die nodigste het."
"Yzerfontein is 'n veilige, skoon en goedversorgde dorpie waar 'n mens heerlik kan ontspan. Omdat daar nie baie besighede is nie, is daar 'n rustigheid met min verkeer en geen mense wat doelloos rondlê nie. Sonskyn Radio is ook 'n aanwins vir Yzerfontein! As jy rus en vrede soek, is dit die plek!"
"Pragtige vakansiedorpie. Daar kan dalk net een kaffee of vulstasie oop bly na 20:00 vir noodgevalle."
"Yzerfontein het 'n pragstrand met 'n lang strand vir 'n uitstappie. Ons het by Lulu's gaan eet en die kos was heerlik. "
"Uit 5 300 km vir 'n vakansie van 30 dae, was dit die enigste plek waar ek baie beslis my volgende Desember sou wou spandeer."
"If tranquillity, good security and friendly people is what you are looking for, then this is the place to be!"
"Pragtige plek en lekker vir wegbreek as jy nie te kommersieel wil gaan nie, maar tog na die basiese geriewe verlang."
"Klein dorpie as jy van rustigheid hou. Enigste winkel op die dorp is die Spar wat baie besig is met baie lang rye gedurende Desember. "
"Ek sal Yzerfontein sien as 'n bestemming wat met 'n boek en goeie wyn deurgebring moet word."