Geverifieerde Resensie
Yzerfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Yzerfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1417 resensies.
"Yzerfontein is 'n lieflike dorpie. Rustig, stil met geen toestroming en vertrapping van mense op die strand nie. "
"Ons was al 'n paar keer by Yzerfontein en sal weer daar draai, puik veilige bestemming met oop strande en lekker kuierplekke binne trefafstand van die Kaap."
"Dit is 'n pragtige dorpie met vreeslike vriendelike mense. Sal beslis weer daar kuier. "
"Lekker naby aan die Kaap met baie om te sien en doen in die omgewing."
"Ons is smoorverlief op Yzer! Goeie punt om heelwat Weskus dorpies vanaf te verken. Kan vir etlike kilometers op die strande stap... dis wonderlik! :)"
"Yzerfontein is 'n baie klein dorpie met die mooiste natuurskoon en rustigheid. 'n Definitiewe aanbeveeling as jy wil rus en wegbreek van die stadslewe."
"Yzerfontein het nogals uitgebrei met heelparty dinge om te doen en plekkies om te gaan eet. "
"Yzerfontein is 'n heerlike low-key en pragtige dorpie, lekker restaurante - Strandkombuis moet nie gemis word nie! "
"Dit is 'n pragtige dorp met 'n heerlike strand, lekker eetplekke en vriendelike mense!"
"Die Rooi Granaat restaurant word hoog aanbeveel. Yzerfontein is 'n lekker plekkie en gerieflik naby die Weskus Nasionale park. "
"A lovely tranquil village, everything you could need is there. Lovely people everywhere."
"Yzerfontein is close by to Cape Town yet you feel that you have travelled a long way. Maybe it's being away from the hustle and bustle of city life. For me it was the perfect travel destination. Friendly people and helpful yet they give you your space."
"Pragtig en goed toegerus met goeie restaurante en winkels vir nood benodigdhede."
"Asemrowende seedorpie, mooi huise. Die water is koud, so nie vir swem nie, maar stap en visvang. Lekker geëet by die Rooi Granaat in die aand (ou wêrelds, kandelare, persoonlike diens) en die Beaches restaurant (ligging en uitsig pragtig en kos lekker). Basiese winkels is goed genoeg, soos Spar en apteek. Nie te ver van die Kaap af nie en ook naby Darling as mens dit wil besoek. Kan winderig en koud wees in die winter en lente. "