Geverifieerde Resensie
Zululand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Zululand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1538 resensies.
"St Lucia is something special. Where else can you drive to the main swimming beach (Cape Vidal), and see most of the Big 5 on the way there and back? Enjoyed the restaurant options, the Hippo estuary cruise (where we learnt about the reasons for opening the estuary back up to the sea), the fresh fruit market, early morning walks through the forests that border the town. Felt safe the whole time. Friendly people, clean streets, lots to see and do."
"Bietjie bekommerd oor die karpartytjies by die inloop na die strand. Was nie gemaklik om met ons klein kinders deur die dronk mense te loop nie. Drank word op die strand verbied, tog raak die mense vreeslik dronk op die grens van die strand en dan is daar in elk geval chaos op die strand."
"Hluhluwe dorp is nie iets om te sien. Daar is baie reservate en parke in die area."
"Beautiful place, but the municipality needs to work on the state of the roads and repair potholes."
"Cape Vidal is asemrowend. Het so baie diere gesien. Renosters, olifante, baie mak kudu's ens. Cape Vidal se strand is 'n baie lekker swemstrand, kan snorkel ook daar."
"Met slegs een toegangsroete na St Lucia is St Lucia baie veilig en as bewaringsgebied 'n moet om te besoek. Ry ook gerus een dag Cape Vidal toe, dis teerpad tot daar."
"Ken hom al vir jare. Alles het duur geword. Net jammer die meermonding is nog toe. Visvangs is swak"
"Pragtige dorp en pragtige strande. Beslis die moeite werd om te sien en te beleef."
"Sodwana is maar 'n klein dorpie wat duikers, vissermanne en natuurmense trek. Daar is nie groot winkels soos in ander dorpe nie, maak maar seker jy bring vars vleis, daar is nie maklik bekombare vars vleis in die area nie. Baie lekker vir ontspanning met 'n paar lekker eetplekke en kuierplekke ook."
"Sodwana is wêreldbekend vir duik, maar hulle het ook baie goeie restaurante en 'n verskeidenheid van diepsee-visvang-charters."
"Mtunzini is an amazing destination to enjoy some great nature. We combined birding, beach day, great walks, mangrove trail and amazing food and it was really special. There is golf, boating and fishing as well which is not ours, but it is possible as well as various other watersport."
"St Lucia is pragtig. Definitief die moeite werd om na die Wetlands Nature Reserve te gaan - so baie diere gesien, olifante en swartrenosters definitief die hoogtepunt van die dag. Cape Vidal is die beste swemstrand met skoon warm water. "
"Met alles wat nou weer oop is, sal toerisme beslis weer op tel. Die water by St. Lucia strand was baie vuil, maar Cape Vidal reg langsaan, was pragtig skoon."