@ Home
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mabelstraat 689, Garsfontein, Pretoria, 0081, Gauteng
- Vanaf R700 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
@ Home is op 'n veilige landgoed met toegangsbeheer in Garsfontein, Pretoria. Dis naby verskeie winkels, restaurante, hoofweë, doendinge en besienswaardighede. Dit bied gehalteverblyf aan 'n gesin, sakereisigers en oornaggaste.
Die verblyf word in 3 smaakvol versierde eenhede gebied. Die een eenheid bied slaapplek aan 4 gaste en die ander 2 eenhede het slaapplek vir 2 gaste op 'n slag.
Die eenheid met slaapplek vir 4 gaste het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek wat ook as 2 enkelslaapbanke dien, 'n TV en 'n lessenaar.
@ Home #3 het oor 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n TV en 'n lessenaar.
@Home #5 het 'n koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Ander geriewe sluit 'n TV, kombuis en stoep in.
Die verblyf het ook gratis WiFi en daar is 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe.
Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Dataprojektor
- Witborde
- Kantoorgeriewe
- Sekretariële Geriewe
- Rekenaar Netwerklewering
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Marinus Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 25
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Mabelstraat 689, Garsfontein, Pretoria, 0081, Gauteng
- Gaste dink @ Home het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Garsfontein Pretoria-Oos Pretoria Gauteng
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mabelstraat 689, Garsfontein, Pretoria, 0081, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang