@ The Whales
Kry 10% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Duinepark 28, Witsand, 6666, Wes-Kaap
-
Vanaf
R950R855 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
@ The Whales is 'n selfsorgkothuis in die Duinepark-oord en bied 'n veilige familiewegbreek net 160 m van Witsand se strand af. Die kothuis het 3 slaapkamers met slaapplek vir 5 gaste. Dit is perfek vir 'n gesin of groep vriende wat graag langs die see wil ontspan.
Die hoofslaapkamer het 1 dubbelbed en 'n plafonwaaier, die tweede slaapkamer het 'n driekwartbed en die derde slaapkamer het 'n stapelbed wat bestaan uit 2 enkelbeddens. Al die slaapkamers het plek in die hangkaste.
Die badkamer het 'n bad en 'n stort en linne vir 5 gaste asook 'n wasmasjien is beskikbaar. Gaste moet. hule eie handdoeke saambring.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n broodrooster, stoof, oond, mikrogolfoond en 'n ketel. Die oopplan-sitarea het gemaklike sitplek en 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste. Dit lei deur 'n skuifdeur na 'n klein stoep. Hier kan gaste binne braai. Daar is 'n Openview-pakket vir die TV en gaste kan gerus hul eie DStv-dekodeerder saambring. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Witsand is bekend vir sy rustige en pragtige omgewing. Walvisse besoek graag die kus en spog met hulle kalfies. Daar is baie doendinge in die omgewing soos visvang, vlieërbranderry, seilplankry, seiljagvaart en heelwat meer. Die strande is pragtig en nooi jou uit om rustig langs die branders te gaan wandel.
Parkeerplek is beperk tot 1 voertuig en 'n klein sleepwa.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Tertius Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 73
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Duinepark 28, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Gaste dink @ The Whales het ’n baie goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Duinepark 28, Witsand, 6666, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang