Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

1-on-Ross

  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ross-straat 1, Oatlands, Grahamstown, 6139, Oos-Kaap
  • Vanaf R700 per nag, vir 1 mens

Beskrywing

1 on Ross is 'n gastehuis wat uit 4 kothuise in 'n stil doodloopstraat net langs Henry-weg bestaan. Dit het 'n groot tuin met 'n swembad, sitareas en braaigeriewe op versoek. Gefiltreerde boorgatwater word gebruik, alle eenhede het herlaaibare ligte en voldoende parkeerplek is op die perseel agter 'n outomatiese hek beskikbaar. 1 on Ross is gerieflik naby privaat skole geleë.

DStv is in alle eenhede beskikbaar wanneer daar elektrisiteit is. Elke eenheid is met 'n yskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, breekware en eetgerei toegerus. WiFi is beskikbaar, selfs tydens beurtkrag. Gaste is welkom om die swembad en braaigeriewe te gebruik.

Die woonstelletjie word met 'n trap bereik en beskik oor 'n aparte slaapkamer, sitarea met 'n kombuisie en 'n badkamer. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep word. Die sitarea het 2 rusbanke wat in enkelbeddens omskep kan word. Die kombuisie is met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolf, ketel en broodrooster toegerus.

Die kothuis het 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, 'n sitarea met 'n kombuisie, 'n badkamer en 'n klein tuin met sitplek.

Die enkel-eenheid bied basiese verblyf vir 'n enkelresiger. Die kleiner kamer het 'n dubbelbed, tafel met 'n stoel en kombuisie wat met 'n yskassie en 'n mikrogolfoond toegerus is. Die badkamer het 'n stort en 'n aparte toilet.

Die anneks is 'n baie groot, afgesonderde slaapkamer met 'n kombuisie en 'n badkamer, aan die einde van die hoofhuis. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed met bedkassies weerskante en 'n enkelbed. Die groot badkamer het wasbakke, 'n instapstort, groot bad en 'n toilet. Daar is ook 'n groot lessenaar, klein etenstafel en stoele.

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 16 resensies vir 1-on-Ross
Netheid
4.9/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Jeannine Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 38

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Ross-straat 1, Oatlands, Grahamstown, 6139, Oos-Kaap
  • Gaste dink 1-on-Ross het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 1 mens
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 1 mens
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ross-straat 1, Oatlands, Grahamstown, 6139, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeed71fac4ab6569c5256d0f79898c9396a5bbad1d45a838962e15356dd8298d83d5f9ee0baa14908684579c81c08b1f4fb7c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 1 mens 16 5 1 5 1 Ross Street Oatlands 6139 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.300884 26.52339
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem