Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Unit 1 @ Springvale Complex

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Springvale Place, Springvale Complex Eenheid 1, Zinkwazi-strand, 4480, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 125 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Unit 1 @ Springvale Complex is 'n pragtige selfsorgeenheid in die kusdorpie Zinkwazi-strand, KwaZulu-Natal. Hierdie eenheid is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na 'n rustige wegbreek by die strand.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer op die grondverdieping het 2 enkelbeddens. Die ander drie slaapkamers op die eerste verdieping bied toegang tot 'n balkon met 'n uitsig oor die swembad. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens vir kinders in die vierde slaapkamer. Die eerste badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede badkamer het 'n bad, stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Daar is slegs 'n stort in die derde badkamer. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n leefarea, kombuis en 'n eetarea. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n TV met DStv en 'n etenstafel. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die sitarea lei na 'n stoep met buitemeubels en 'n braai. Beperkte Wi-Fi is beskikbaar.

Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad en 'n motorhuis met een bykomende oop parkeerplek. Hierdie vebrlyf is naby die strand, verskeie winkels en restaurante.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

3.4/ 5

Gebaseer op 1 resensie


Netheid
4.0
Ligging
3.0
Waarde vir geld
3.0
Diens
3.0
Veiligheid
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4/5

Engela Geverifieer

Eiendomme 41

Resensies 5

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Springvale Place, Springvale Complex Eenheid 1, Zinkwazi-strand, 4480, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 125
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R2 125
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Springvale Place, Springvale Complex Eenheid 1, Zinkwazi-strand, 4480, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf690fa351f019c99b295a9c51a3a68d045b59f851f6edc858b12070e262c1b007621daf6c44da0c377a23e78bb256bef1b85?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 125 per nag (plek vir 8) 1 5 1 4 3 Springvale Place Unit 1 Springvale Complex 4480 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.285226285368 31.438568277177

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang