Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

10 Parsonage Street - De Kothuize

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Parsonage-straat 10, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R2 760 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

10 Parsonage Street is 'n bekoorlike en geskiedkundige kothuis in Graaff-Reinet se skilderagtige Parsonagestraat. Die kothuis is ideaal geleë indien gaste die museums en ander besienswaardighede wil gaan besoek.

Die kothuis is met verskeie Kaapse antieke meubels en prente versier wat onlangs opgeknap is. Die kothuis het 3 dubbelkamers, elkeen met 'n en suite-badkamer. Een van die badkamers het net 'n stort en die ander 2 het 'n stort-oor-bad.

Die kothuis se kombuis is volledig toegerus en daar is 'n aparte eetkamer en 'n sitkamer. Die lekker stoep en kuier-area is ingerig met 'n tafel en stoele. Daar is ook 'n ingeboude braai en 'n historiese Kaapse brood-oond.

Parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Daar is verskeie goeie restaurante stapafstand van die kothuis af.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort-oor-bad, Bad

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Melanie B
Saam met vriende
5.0
Te lekker! Was vantevore reeds daar. Fantasties om daar te bly. Volledig toegerus. Huislik. Ons het gewens ons kon langer bly. Sal definitief weer daa...
Sien meer
Nov 2024
Nicky G
Saam met lewensmaat
5.0
Veilig, luuks en gemaklik. Ons het 'n wonderlike aand in 10 Parsonage Street - De Kothuize gehad, die swembad was 'n lafenis op 'n snikhete dag.
Jan 2024
Divan B
Gesin met klein kinders
5.0
Great overnight blyplek. Baie lekker gebly oppad Struisbaai toe en weer terug. Groot kothuise met alles wat jy nodig het, swembad was ten volle geniet...
Sien meer
Jan 2024
Marinda D
Saam met vriende
5.0
Verrassend! Sentraal geleë. Binne loopafstand van restaurante. Netjies en wonderlike diens ontvang. Ons het so lekker gekuier.
Sep 2023
Christiaan B
Gesin met klein kinders
5.0
Gesellig, warm en netjies! Fantastiese kliëntediens, fantasties ingerig en baie skoon en netjies!
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 248

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Parsonage-straat 10, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink 10 Parsonage Street - De Kothuize het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 760
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 2 760
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Parsonage-straat 10, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA78e168015f73e77f7dee48be8b6bd096ea63ab841485c0740421c32801087972eff2c3622ec50aff7fa475a8e3ece7c318e7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 760 per nag, vir 6 mense 39 5 1 5 10 Parsonage Street Graaff-Reinet 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -32.2512643 24.5378287

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang