Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

10 Windell Self Catering Accommodation

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Windell-straat 10, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

10 Windell Self-Catering Accommodation is in die hartjie van Durbanville geleë. Die eenhede is 5 minute vanaf Durbanville Gholfbaan en Durbanville Hospitaal wat 'n baie stil en rustige omgewing is.

Die verblyf bestaan uit 1 gesinseenheid, 1 tripelkamer, 1 dubbelkamer en 1 kamer met 2 enkelbeddens. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met ’n stort, asook ’n kombuisie wat met 'n yskas, tweeplaat-gasstoof en 'n mikrogolfoond toegerus is. Daar is ook 'n ontbythoekie. Verder is daar ook 'n privaat ingang, lugversorging en 'n TV met OpenView-kanale. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Op die perseel is daar beperkte parkeerplek.

10 Windell Self Catering Accommodation is stapafstand vanaf Durbanville se sakekern met goeie restaurante, banke, winkels soos Woolworths Food, Checkers en Pick 'n Pay. Die instansie is net 5 minute se ry van Durbanville Hospitaal af en ook baie na aan Durbanville se wynplase en groot winkelsentrums. Kaapstad Internasionale Lughawe, Bloubergstrand en Melkbosstrand is sowat 25 minute se ry van ons af.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 106 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Wilma S
Saam met lewensmaat
5.0
Stil, rustig, veilig en silwerskoon! Alhoewel ons letterlik elke aand net daar geslaap het, was dit regtig aangenaam en rustig. Ons sal vir seker weer...
Sien meer
Sep 2024
Edwin D
5.0
Baie netjies en sentraal geleë. Die eenheid was baie netjies en goed toegerus, en ons is vriendelik ontvang. Ek sal beslis weer daar aanklop in die to...
Sien meer
Des 2023
Carla V
Gesin met tieners
5.0
Wonderlik. Ons het baie lekker gebly, pragtige netjiese plek. Sal beslis weer daar gaan bly.
Des 2023
Theunis N
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Die plekkie en mense was fantasties! Ligging uitstekend.
Des 2023
Elizabeth W
Saam met lewensmaat
5.0
Stil, goed geleë. Heerlike plek, met net wat nodig is.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Marinda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 106

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Windell-straat 10, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink 10 Windell Self Catering Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Windell-straat 10, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjNdsLRT8JQn65D0hheGBK00HDtcEzdFkcu5MNqkn2YQ98f3CKb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 106 5 1 5 10 Windell Street Durbanville 7550 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.83184 18.65316

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang