1002 Oyster Schelles
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lighthouse-weg 2, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 900 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
1002 Oyster Schelles is 'n selfsorgwoonstel op die tiende verdieping van die veilige Oyster Shelles-kompleks in Umhlanga Rocks. Dié kompleks het 2 gemeenskaplike swembaddens wat elkeen braaigeriewe het en daar is afgekampte piekniekplekke in die gemeenskaplike tuin.
Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Al die kamers het lugversorging.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n yskas-vrieskas, 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër in. Die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale.
Die sitkamer het skuifdeure wat na 'n groot onderdak-balkon lei waar daar stoepmeubels en lieflike uitsigte oor die see, Oyster Pearl en die North Shore-woonstelle is. Daar is direkte toegang tot die strand. Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Thanusha Geverifieer
Eiendomme 53
Resensies 96
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Lighthouse-weg 2, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 1002 Oyster Schelles het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lighthouse-weg 2, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal