Driftsands 104
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Colin-weg 79, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Vanaf R850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Driftsands 104 is 50 m vanaf die seefront geleë en bied bekostigbare gesinsvakansies aan die kus in Uvongo, 'n klein, rustige kusdorpie sowat 2 uur vanaf Durban.
Dié ateljeewoonstel het 'n oopplan-ontwerp en bied slaapplek aan 2 gaste. Dit beskik oor 'n slaaparea en 'n kombuisie. Daar is 'n dubbelbed en 'n aparte badkamer met 'n stort. Die kombuisie is met 'n yskassie, oondjie met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, broodrooster en 'n ketel toegerus. Daar is ook lugversorging en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die gemeenskaplike balkon het lieflike see-uitsigte. Onderdakparkeerplek is vir 1 mediumgrootte voertuig beskikbaar.
Gaste het toegang tot 'n sprankelende swembad en talle braai-areas. Die kompleks is met 'n elektriese heining omhein en het afstandbeheerde hekke. ’n Sekuriteitswag patrolleer saans die kompleks.
Daar is talle restaurante en kroeë binne stapafstand vanaf die vebrlyf.
Driftsand se sentrale ligging in die middel van die luisterryke Suidkus van KwaZulu-Natal is die ideale basis om die talle toeriste-aantrekkings in die area te besoek. Dit sluit die wêreldbekende Oribi Gorge met die Wild 5-avontuuraktiwiteite, wat die hoogste Gorge swaai in die wêreld insluit, en Lake Eland Wildreservaat met die hangbrug en 2 zipline-toere in, asook Die Wild Coast Casino-oord en -gholfbaan, met sy vele besienswaardighede insluitend die Wild Waves Waterpark. Waterworld-vaarte op die Umtamvunarivier is net 39 km ver. Die aktiewe vakansieganger kan tussen 8 puik gholfbane en talle stap- en fietsryroetes kies. Verder is daar ook manjifieke strande vir sonbaai, stap en visvang.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Klein kombuis
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Dave Geverifieer
Eiendomme 14
Resensies 1
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Colin-weg 79, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Uvongo Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Colin-weg 79, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang