Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

105 on KOI

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Douglas Crowe-rylaan 18, 105 on KOI, Ballito Dolfynkus Durban, 4420, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 265 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

105 on KOI is 'n knus woonstel in Ballito en ideaal vir 'n vakansiewegbreek of sakereis. KOI Living het 'n pragtige gemeenskaplike swembad op die dak, met 'n kuier- en braai-area waar gaste lekker saam 'n vleisie oor die kole kan gooi.

Die stylvolle woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer met lugversorging het 'n koningingrootte-bed en toegang tot die balkon, en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gastebadkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het sitplek vir 4 en die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV teen die muur. Gratis WiFi word ook voorsien.

KOI Living verseker gerieflike verblyf en bied veilige parkeerplek en 'n veiligheidshek met 'n sekuriteitswag. Dit beteken dat gaste 'n sorgelose wegbreek in Ballito kan geniet. KOI Living spog ook met die Mangwanani Spa waar gaste behoorlik kan ontspan.

Ballito bied 'n stedelike leefwyse omring deur natuurskoon, en saam met ideale weer, sal 'n wegbreek in Ballito niks minder as perfek wees nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Host Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 777

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Douglas Crowe-rylaan 18, 105 on KOI, Ballito Dolfynkus Durban, 4420, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Dolfynkus KwaZulu-Natal
Vanaf
Vanaf R 1 265
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 265
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Douglas Crowe-rylaan 18, 105 on KOI, Ballito Dolfynkus Durban, 4420, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA36e9d66ed01e5b929c4b8603318558539fa539abe82ac67405841146aa66d6d7112e8366987ea66714e18f40312a7cecf9d2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 265 per nag (plek vir 4) 18 Douglas Crowe Drive 105 on KOI 4420 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.5296214 31.1992011

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang