10i Mimosa
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mimosastraat 10i, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Vanaf R2 700 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
10i Mimosa is 'n eienaardige tripelverdieping-selfsorghouthuis op 'n groot erf met 'n ongelooflike uitsig oor die see en op die berge op die horison in Jeffreysbaai.
Die vakansiehuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer op die boonste verdieping het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n werkspasie met 'n yskassie en 'n balkon met 'n ongelooflike see-uitsig.
Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n enkelbed. Albei slaapkamers is op die hoofverdieping geleë en het en suite-badkamers met storte, toilette en wasbakke.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, wasmasjien, skottelgoedwasser, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel en 'n sitarea met 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV met DStv-kanale. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die skuifdeure lei na 'n balkon met buitemeubels.
Die slaapkamer op die onderste verdieping het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die sitarea het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en direkte toegang tot 'n lieflike tuin met buitebraaigeriewe. Die omsetter voorsien rugsteunkrag aan die ligte, kragpunte en noodsaaklike toestelle in geval van kragonderbrekings. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Parkeerplek is op die perseel aan die onderkant van 'n steil oprit beskikbaar of in die straat vir toegang vanaf die boonste verdieping. Die huis is ideaal vir branderplankryers, want dit spog met 'n branderplankrak en 'n buitestort en is net 'n paar honderd meter vanaf Supertubes en Point.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Chezanne Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 5
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Mimosastraat 10i, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Wavecrest Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mimosastraat 10i, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang