11 Ballito Hills
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Okt 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hills-laan, Ballito Hills, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 500R1 350 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Ballito Hills 11 is 'n sjiek selfsorgwoonstel in die veilige Ballito Hills Lifestyle Estate en is 'n ideale opsie vir 'n kuswegbreek aangesien gaste volle toegang tot die landgoed se geriewe het en ook naby Dolphin Beach geleë sal wees.
Dié lieflike woonstel bied slaapplek aan 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n bad en 'n stort, terwyl die tweede badkamer 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser en 'n wasmasjien is ook beskikbaar. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Dié area het ook 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet.
Deur die skuifdeure is 'n lieflike patio met buitemeubels en 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand. Ballito Hills Lifestyle Estate bied 'n verskeidenheid doendinge, insluitend 'n uitgestrekte swembadarea met sonstoele en 'n speelarea vir kinders, 'n gimnasium, muurbal-, padel- en tennisbane, 'n binnenshuise sokkerveld, 'n bioskoopkamer, 'n welstandspa, restaurante. as buitelugskaak.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 27
Resensies 11
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Hills-laan, Ballito Hills, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hills-laan, Ballito Hills, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang