Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

11 on Berrie

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Berrie-singel 11, Brackenfell-Suid, Kaapstad, 7560, Wes-Kaap
  • Vanaf R620 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

11 on Berrie is in Brackenfell geleë en bied verblyf op ’n residensiële perseel. Die eenheid is naby die Brackengate Besigheidspark, en is sodoende ideaal vir sakereisigers. Dit is ook naby Tygervallei en Cape Gate, en die Stellenbosch Wynroete is net om die draai

Dié selfsorg-eenheid is op dieselfde perseel as die hoofhuis geleë met ’n privaat ingang. Die eenheid beskik oor 1 slaapkamer met ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Daar is ook ’n TV met Netflix en die DStv-toep. Gaste moet met hul persoonlike rekeninge DStv stroom.

Die eenheid het ’n kombuisie wat toegerus is met ’n yskassie, mikrogolf, eenplaatstoof, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook ’n etenstafel met 2 stoele.

Die kamer is langsaan die eienaar se kantoor geleë en kan soms gedurende normale besigheidsure die foon hoor lui. Daar is ook 2 kinders op die perseel.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 82 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Stefan R
Saam met lewensmaat
5.0
11 on Berrie is tops! Wonderlike plekkie! Sal enigiets weer daar gaan bly! So lekker rustig en netjies. Dankie vir jou gasvryheid. Dit was baie lekker...
Sien meer
Nov 2024
Darweesh A
Saam met lewensmaat
5.0
Home away from home. We were welcomed by a friendly host. We had everything we needed. We are well rested. I will recommend it to my fr...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Loretta M
5.0
Gemaklik, netjies, mooi. Baie netjiese plek, presies wat ek gesoek het vir werk weg.
Okt 2024
Janus E
5.0
Baie lekker. Baie netjies en skoon. Vir seker waarde vir geld!
Okt 2024
Riana P
5.0
Sal enigiets weer daar tuisgaan, hoogs aanbeveel. Veilig, baie netjies, rustige blyplekkie. Gasvrou baie vriendelik en behulpsaam.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 139

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Berrie-singel 11, Brackenfell-Suid, Kaapstad, 7560, Wes-Kaap
  • Gaste dink 11 on Berrie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 620
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 620
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Berrie-singel 11, Brackenfell-Suid, Kaapstad, 7560, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAiEauclz5Fk103clDvDsTybqcyd3F9HBBHDKoxt2lWuRXEwhc46?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R620 per nag (plek vir 2) 82 5 1 5 11 Berrie Crescent Brackenfell South 7560 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.898236147694 18.688044565925

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang