115 on Kloof
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kloofstraat 115, Tuine, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Vanaf R5 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
115 on Kloof bied onvergeetlike selfsorgverblyf in die hartjie van Tuine, Kaapstad. Dit is ideaal vir 'n groep vriende of 'n gesin wat die Moederstad wil verken, aangesien dit met 'n Jacuzzi en 'n uitsig oor die stad spog.
Die tripelverdiepingwoonstel bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer. Die oorblywende slaapkamers het elk 'n dubbelbed en gaste deel die derde badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die ruim oopplan-leefarea het lugversorging en beskik oor 'n kombuis met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook 'n Nespresso-koffiemasjien. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien, en die kombuis lei na 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul etes saam te geniet. Die knus sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met Netflix. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n sonnige balkon met 'n tafel en stoele en dis 'n wonderlike plek vir 'n koppie koffie soggens. Die woonstel spog met 'n kuierarea op die dak waar daar 'n vuurput en 'n Jacuzzi is. Die verblyf is in Kloofstraat en stapafstand van baie winkels en gewilde restaurante af.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Jacuzzi
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Kloofstraat 115, Tuine, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kloofstraat 115, Tuine, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang