Family Tides
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkwazi-rylaan 116, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
- Vanaf R6 500 per nag (plek vir 14)
Beskrywing
Family Tides is 'n selfsorg-vakansiehuis in die idilliese kusdorp Zinkwazi Beach in KwaZulu-Natal. Die dubbelverdiepinghuis is ideaal vir 'n groot gesin op soek na 'n ontspannende vakansie.
Die huis bied slaapplek aan 14 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n enkelbed vir 'n kind en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Die vierde slaapkamer is baie ruim en het 4 enkelbeddens vir kinders en 'n stapelbed vir kinders. Hierdie kamer bied ook toegang tot 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die twee gedeelde badkamers het elk 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne, badhanddoeke en strandhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies en 'n etenstafel. Die huis het ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die leefarea het genoeg rusbanke en 'n TV met DStv. Al die leefareas het deure wat na 'n balkon met buitemeubles, 'n tafeltennistafel, 'n see-uitsig en swembad lei. WiFi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot braaigeriewe en daar is 'n omsetter wat die ligte en kragproppe gedurende beurtkrag aanhou. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die huis is naby die strand, winkels en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
5 x Kinderbed vir 1
1 x Kinderstapelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4/5
Engela Geverifieer
Eiendomme 42
Resensies 6
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Nkwazi-rylaan 116, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Zinkwazi Beach Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkwazi-rylaan 116, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang