Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

12 @ Plett 49

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jackson-straat, Plett 49 Apartments, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

12 @ Plett 49 is 'n pragtige selfsorgwoonstel wat in die veilige Plett 49 Apartments-kompleks in die gewilde kusdorpie Plettenbergbaai geleë is. Dit is 'n ideale opsie vir 'n groep vriende aangesien dit stapafstand vanaf die middedorp is.

Dié drieverdiepingwoonstel bied slaapplek vir altesaam 8 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer met lugversorging is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort. Nog 'n dubbelbed is beskikbaar in die derde slaapkamer, terwyl die vierde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Hierdie 2 kamers deel die derde badkamer met 'n bad. Linne en badhanddoeke word voorsien; gaste sal egter hul eie strandhanddoeke moet saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale. Gaste het toegang tot komplimentêre WiFi. Daar is ook 'n omskakelaar wat 'n paar ligte ondersteun, 'n TV en WiFi tydens kragonderbrekings.

Dié woonstel bederf ook met 'n houtdek wat 'n buite-eettafel en 'n ingeboude braai het. Gaste kry veilige parkeerplek vir een voertuig binne die kompleks. Die ligging van hierdie kompleks is naby die dorp wat talle winkels en restaurante bied. Dit is ook 'n kort entjie se stap vanaf die hoofstrand by Beacon Isle.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Toiletware

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ligging

  • Jackson-straat, Plett 49 Apartments, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R4 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jackson-straat, Plett 49 Apartments, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA73d89f262bbba93b760ef62e4c24df02bdad58f2e25aa39a07db69349d7c9bd6573a293413732fba7aac051ed3969f5658df?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 500 per nag (plek vir 8) Jackson Street Plett 49 Apartments 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.056982250307 23.371079341083

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang