12 Bronze Paradise
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Bournemouth 745, Leisure Bay, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
12 Bronze Paradise is 'n woonstel teen die see in Leisure Bay geleë is. Die perseel is net 300 m van die strand af. Die woonstel het 'n ruim patio waar gaste die uitsonderlike uitsigte oor die see kan geniet.
Dié drieslaapkamerwoonstel het beskik oor lugversorging en 'n oopplan-kombuis, -sit en -eetarea. Daar is see-uitsigte van die ontbyttoonbank en die sitkamer af. Die hoofslaapkamer bied prentjiemooi uitsigte oor die see en beskik oor 'n dubbelbed en 'n en suite-kamer met 'n spa-bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n stapelbed. Die tweede badkamer is tussen die tweede en derde slaapkamers en is toegerus met 'n stort. Alle beddegoed word voorsien, maar bring asb. jou eie handdoeke saam. Die platskerm-TV het volledige DStv en die HD-kanale is 'n bonus. Die kombuis is volledig toegerus met moderne geriewe insluitend 'n yskas-vrieskas en 'n skottelgoedwasser. Die opwaskamer het 'n tuimeldroër en daar is 'n wasmasjien in die gemeenskaplike wasgoedarea.
Daar is 'n sekuriteitswag aan diens gedurende die nag en in die hoogseisoen is daar lewensredders aan diens deur die dag. Die woonstel word skoongemaak voor en na jou verblyf, maar nie tydens jou verblyf nie. Die kompleks bied veilige en private toegang na die strand. Jy loop oor 'n rustieke houtbruggie wat omring word deur inheemse woude wat jou lei na die skilderagtige strand. Die kompleks het ook 'n lieflike tuin met 'n skitterende swembad.
Die omgewing bied verskeie pragtige wandelpaaie en interessante plekke om te besoek. Daar is winkels naby en die inkopiesentrums by Shelley Beach is 20 minute se ry weg. Hier sal jy die meeste groot kettingwinkels en 'n fliekteater aantref.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Spa-bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Jacuzzi
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Ruth Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 15
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Bournemouth 745, Leisure Bay, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 12 Bronze Paradise het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Leisure Bay Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Bournemouth 745, Leisure Bay, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang