Driftsands Sea Front 12
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Colin-pad 79, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 590 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Driftsands Sea View Flats is 50 m vanaf die seefront geleë en bied bekostigbare verblyf aan gesinne by die see. Dit is in Uvongo, 'n rustige kusdorpie 2 uur buite Durban, geleë. Hiér kan gaste ontspan en al die besienswaardighede in die area besoek.
Die woonstel spog met 'n privaat balkon en asemrowende see-uitsig en bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei slaapkamers het plafonwaaiers. Die sitarea het 2 uittrek-enkelbeddens vir 2 kinders. Die badkamer het 'n toilet, wasbak en stort. Die kombuis is met 'n losstaande stoof, oond, mikrogolf, yskas, ketel en broodrooster toegerus. Die sitarea het 'n TV met die EasyView DStv-pakket teen die muur.
Die kompleks het 'n swembad, talle braai-areas, 'n elektriese heining, 'n afstandbeheerde ingangshek en ’n sekuriteitswag wat saans patrolleer.
Daar is talle restaurante, kroeë en lekkernye stapafstand van die woonstel af.
Driftsand se ligging in die middel van die Suidkus is die ideale basis vanwaar gaste die besienswaardighede in die area kan besoek. Dit sluit in die wêreldbekende Oribikloof met avontuuraktiwiteite, soos die hoogste kloofswaai ter wêreld, en Lake Eland Wildreservaat met die hangbrug en 2 Zipline-toere. Die Wild Coast Casino Resort and Golf Course met die Wild Waves Waterpark en bootritte op die Umtamvuna-rivier is net 39 km ver. Die aktiewe besoekers kan ook die 8 puik gholfbane, talle stap- en fietsroetes, en strande vir sonbaai, stap en visvang besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbed vir 2
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Dave Geverifieer
Eiendomme 14
Resensies 1
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Colin-pad 79, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Uvongo Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Colin-pad 79, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang