Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

13 on Long Acre

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Long Acre 13, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

13 on Long Acre is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Parklands, Bloubergstrand. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n gesin wat op soek is na 'n kuswegbreek in die Moederstad.

Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir 4 volwassenes en 1 kind onder die ouderdom van 9, want dit beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n enkelbed en die derde slaapkamer het 'n driekwartbed. Hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Skottelgoedwasser is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-slim-TV. Dié area het ook 'n klavier en die huis bied deurgaans gratis WiFi. Langs hierdie sitkamer is 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet.

Die eetarea maak oop op 'n wonderlike buitelugruimte met 'n jacuzzi, 'n tafel en stoele asook braaigeriewe. Tydens beurtkrag is daar 'n UPS wat die Wi-Fi, ligte, TV en laaiers vir skootrekenaars en selfone sal aandryf. Besienswaardighede naby sluit die gewilde Bloubergstrand, lieflike wynroetes asook winkelsentrums met lieflike winkels en restaurante in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Kindermatras vir 1

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Jacuzzi
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ligging

  • Long Acre 13, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Long Acre 13, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcc57a69f518ac341400e534c4eb728d6aca7c0ea1b2cab0e74b293c4a1024571c033015e58adf44f2dced5a15496dd9a09a3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 000 per nag (plek vir 6) 13 Long Acre Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.818769 18.519685

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang