Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

13 Steps

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Republiekstraat 34, Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

13 Steps is in Springbok geleë, op die pad na Namibië of Kaapstad, en bied verblyf in 2 eenhede aan.

Die eenheid vir 2 het 'n privaat ingang en bied slaapplek aan 2 gaste. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort.

Die eenheid vir 4 bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort. Daar is 'n oopplan-leefarea met 'n dubbelbed, kombuisie en eetarea vir 4.

Beide eenhede het 'n kombuisie wat met 'n mikrogolfoond, yskas, ketel, basiese eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n TV met Netflix.

Veilige onderdakparkeerplek is op die perseel, agter 'n geslote hek beskikbaar. Daar is sekuriteitskameras. Gaste moet die verteenwoordiger vroegtydig in kennis stel indien hulle 'n ekstra parkeerplek vir 'n sleepwa benodig.

Tussen Augustus en Oktober, kan gaste die wilde-blomspesies wat kopuitsteek bewonder, afhangend van die reënval. Springbok het verskeie bergfiets- en voetslaanpaaie in die Goegap Natuurreservaat. Hierdie reservaat is ook die tuiste van talle blomspesies, gemsbokke, springbokke, sebras en voëlspesies. Let net daarop dat dié reservaat daagliks om 16:00 sluit.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 42 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Collin G
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, netjies en gerieflik en baie naby aan die dorp. Baie mooi uitsig en gerieflik. Skoon en netjies en sal beslis weer daar oornag. Beveel dit aan ...
Sien meer
Sep 2024
Heila V
Saam met vriende
5.0
Heerlik by 13 Steps gekuier - kan dit beslis aanbeveel. Alles is duidelik gekommunikeer via WhatsApp hoe om in te boek. Die verblyf is baie sentraal, ...
Sien meer
Sep 2024
Stefanie D
Saam met lewensmaat
5.0
Heel aangenaam. Lieflike plekkie, skoon, netjies en 'n baie oulike gasvrou.
Sep 2024
Andrew S
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het lekker gebly. Ons het lekker gebly. Die krag was vir 'n kort tyd af in die oggend en Lizette het uit haar pad gegaan om vir ons 'n fles kookwa...
Sien meer
Sep 2024
Hennie L
Saam met lewensmaat
5.0
Springbok se fluweel van gastehuise is by 13 Steps! Ons reis gereeld en hierdie eenheid staan kop en skouers uit bo al die ander wat ons al gehuur het...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Lizette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 42

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Republiekstraat 34, Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Gaste dink 13 Steps het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Republiekstraat 34, Springbok, 8240, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9620cd50561deb5c025b71f07c011b713850d88b1f127dcd820dfd3cc5d0423c4e178e0770f886f8a2a4aa5e97e44f92d59e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag (plek vir 2) 42 5 1 5 34 Republiek Street Springbok 8240 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.659281090185 17.893026844859

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang