13 Steps
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Republiekstraat 34, Springbok, 8240, Noord-Kaap
- Vanaf R700 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
13 Steps is in 'n rustige, veilige woonbuurt te Springbok geleë. Dis die ideale oorslaapplek tussen Kaapstad - Namibië - Kimberley. Die gasheer woon op die perseel en die eenhede is verbind aan die hoofwoning en deel 'n stoep en tuin aan die voorkant.
Veilige onderdakparkeerplek is op die perseel, agter 'n geslote hek beskikbaar. Daar is sekuriteitskameras. Gaste moet vroegtydig met die gasheer konsulteer indien 'n ekstra parkeerplek vir 'n sleepwa benodig gaan word en/ of die voertuig besonder groot is.
Gaste moet ook vroegtydig met die gasheer reël indien hulle na 8nm gaan arriveer, sodat self-inlaat reëlings deurgegee kan word.
Eenheid 1:
Dié eenheid is klein en slegs geskik vir 2 persone. Dit het 'n privaat ingang. Die slaapkamer het 'n dubbelbed met eie badkamer, toegerus met 'n stort, toilet en wasbak. Bring asb eie toiletware en waslap saam, slegs handdoeke en beddegoed word voorsien. Klein kombuisie is toegerus met 'n mikrogolf oond, ketel, klein yskassie, basies breekgoed en eetgerei. Hierdie eenheid is slegs geskik as "heat-and-eat" aangesien dit nie oor kookgeriewe beskik nie. Daar is 2 opslaan tafels en 2 stoele in die slaapkamer, geskik om by te eet of te werk.
Eenheid 2:
Die eenheid is ruim en bied slaapplek aan 4 gaste. Dit beskik oor 'n slaapkamer, toegerus met 2 enkelbeddens. Die oopplan-leefarea beskik oor 'n dubbelbed, tafel en 4 stoele en kombuisie. Die eenheid het sy eie badkamer wat beskik oor 'n stort, toilet en wasbak - alle gaste in dié eenheid deel die badkamer. Bring asb eie toiletware en waslap saam, slegs handdoeke en beddegoed word voorsien. Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolf oond, ketel, klein yskassie, basies breekgoed en eetgerei. Hierdie eenheid is slegs geskik as "heat-and-eat" aangesien dit nie oor kookgeriewe beskik nie.
Beide eenhede is toegerus met 'n TV met Netflix en WIFI. Neem ook kennis dat beide eenhede, sowel as die stoep, rookvrye areas is. Daar is 'n asbak beskikbaar by die tuinbankie in die tuin.
Tussen Augustus en Oktober, kan gaste die wilde-blomspesies wat kopuitsteek bewonder, afhangend van die reënval. Springbok het verskeie bergfiets- en voetslaanpaaie in die Goegap Natuurreservaat. Hierdie reservaat is ook die tuiste van talle blomspesies, gemsbokke, springbokke, sebras en voëlspesies. Let net daarop dat dié reservaat daagliks om 16:00 sluit.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Lizette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 47
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Republiekstraat 34, Springbok, 8240, Noord-Kaap
- Gaste dink 13 Steps het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Springbok Namakwaland Noord-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Republiekstraat 34, Springbok, 8240, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang