134 on Merriman
Kry 25% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Merrimanlaan 134, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
-
Vanaf
R4 250R3 188 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
134 on Merriman is in Stellenbosch en bied gehalte verblyf aan families of groepe vriende. Dit is naby ’n verskeidenheid winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.
Die huis beskik oor 5 slaapkamers en het plek vir tot 9 gaste op ’n slag. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en ’n en-suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 1 dubbelbed en die derde slaapkamer het ’n stapelbed. Die ander 2 slaapkamers het elk 1 enkelbed. Die eerste gastebadkamer het 'n bad en stort en die tweede gastebadkamer het 'n stort.
Die kombuis is met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Dit het ook ’n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser, ideaal vir gaste wat langer bly.
Die leefarea het gemaklike banke, sowel as ’n TV, kaggel en ’n eetarea met 2 etenstafels, waarvan 1 plek het vir 6 gaste en die ander een plek vir 10. Daar is ook gratis WiFi.
Daar is lieflike braaigeriewe en buite-meubels. Die eiendom het ook ’n omheinde swembad, trampolien en tafeltennis vir kinders.
Gaste het veilige parkeerplek in die skadu binne die erf, wat ook elektriese heinings het.
Daar is ’n speelgrond om die draai van die eiendom. Dit is 500 m van die Jan S. Marais Botaniese Tuine af en die Super Spar-inkopiesentrum is 1 km weg. Die huis is oorkant Hoërskool Stellenbosch.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Forelhengel
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Anton Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Merrimanlaan 134, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Gaste dink 134 on Merriman het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Simonswyk Stellenbosch Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Merrimanlaan 134, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang