Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

134 St. Michaels Ave Cottage

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.6
Stefano S
1 nag Saam met vriende
5.0
Jan 2023

Ruim, netjies, waarde vir geld. Ons was verbaas oor die lekker ruimte van ons verblyf. Die kombuis en leefarea is baie gerieflik en die kamers het lekker spasie. Die stort - heerlik om nie benoud te raak in 'n klein plekkie nie! By ons aankoms is daar 'n motorhuis aan ons gegee vir die aand wat 'n welkome verrassing was. Alles wat benodig is vir gerieflike verblyf was beskikbaar en netjies. Die plek is by die enigste winkel en restaurant, en slegs 100 m van die paadjie na die strand. Alhoewel ons net 1 aand oorgeslaap het sal ons maklik daar kon bly vir 'n verlengde vakansie. Die plek is nie modern nie, maar is regtig baie goeie waarde vir geld en gerief.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Karl L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2018

Perfect location in paradise. Nature’s Valley is a wonderful place and this is the perfect cottage in a nice garden and the beach, shops and restaurants are just around the corner.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Chantel B
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2018

Dit was heerlik en dit is 'n pragtige plek ons het dit baie geniet. Ons het verskriklik lekker gebly die weer het lekker saam gespeel die plek is lieflik ingerig dus naby die see en die winkels ons verblyf was asemrowend. Dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marné O
Kort verblyf
5.0
Feb 2018

Ruim selfsorgeenheid, met alles wat mens nodig het. Heerlik gebly, so naby aan als, restaurant, winkel en strand net paar treë van verblyf af. Baie privaat met die mooiste tuin, voel byna asof daar moet feetjies en dwergies tuisgaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Sonya O
1 nag Gesin met tieners
4.8
Des 2018

Gerieflik naby en skoon. Die huisie is gerieflik naby aan die strand, die winkeltjie en die restaurant, geleë in 'n baie mooi tuin. Die ontvangs was vriendelik en die huis baie netjies. Daar is 'n lekker buitebraai-area op die stoep. Die badkamer word gedeel met twee deure aan weerskante. Ons het net een nag oorgeslaap maar die huis is gerieflik genoeg ingerig vir 'n langer verblyf.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Flip H
1 nag Saam met lewensmaat
4.4
Okt 2018

Baie netjiese gemaklike en ruim cottage ideaal geleë in Natures Valley. Vriendelike ontvangs en baie hulpvaardige diens gekry. Sien sterre.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Hannelie C
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Des 2017

Awesome! Die verblyf was uitstekend, skoon en netjies. Die linne van hoë gehalte. Genoeg spasie vir 4 mense sonder om opgekrop te voel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Cornelia K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2017

Gesellig. Baie lekker bekostigbare verblyf, tuin is 'n voëlparadys naby die strand en restaurant.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johanna D
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Sep 2017

Dit was wonderlik, die perfekte plek vir rus en stilte. Dawn is 'n fantastiese gasvrou, vriendelik en behulpsaam, en respekteer gaste se privaatheid. Ons vakansie kon nie op 'n beter plek gewees het nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elna G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2017

Baie lekker. 'n Heerlike en gerieflike gastehuis waar ons lekker privaat was. Net parkering, as daar meer as een gas is, kan bietjie lol. Maar Dwan en haar man was uiters behulpsaam en het ons verblyf sommer baie aangenaam gemaak. Ons sal beslis weer gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Dawn Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 44

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R2 100
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R2 100
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St. Michaels-laan 134, Natures Valley, 6308, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ5N2YwODU5LWRkN2YtNDM2My05Yjc3LWY5ZTcxNmZmMmQ2NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag, vir 4 mense 14 5 1 5 134 St. Michaels Ave Natures Valley 6308 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.984539889671 23.547359359525

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang