Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

137 @ Murray Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 112 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Murraystraat 137, Brooklyn, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Vanaf R1 535 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Welkom by 137 @ Murray Guest House. Hierdie onderneming is in die hartjie van die luukse woonbuurt Brooklyn in Pretoria geleë. Ons hoogstaande gastehuis met sy houtvloere, snoesige kaggels, hoë patroonplafon en antieke afwerking weerspieël 'n atmosfeer van ouwêreldse bekoring.

137 @ Murray Guest House bestaan uit 4 huise met 27 stylvolle kamers, 2 rustige privaat tuine en 2 swembaddens. Ons het 'n verskeie akkommodasie-opsies: van baie privaat "executive"-suites, weggesteek in welige tuine, tot volledig toegeruste selfsorg-eenhede. Elke kamer is individueel versier om die argitektuur van daardie era te bewaar sonder om luuksheid in te boet. Ons het enkel-, dubbel- en gesinskamers en elke kamer is toegerus met 'n dakwaaier, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, TV met DStv en 'n kluis.

'n Welige tuin omring die swembad en skep 'n perfekte atmosfeer vir besoekers wat buite wil ontspan en ontbyt of tee wil geniet. Die intieme luuksheid, gehalte en elegansie van ons gastehuis noop gaste om keer op keer terug te keer. Ons het ook goed toegeruste konferensiegeriewe en 'n puik restaurant wat professionele spyseniering doen. 137 @ Murray Guest House is ideaal vir akademici, konferensiegangers, sakelui, sportentoesiaste en toeriste aangesien dit naby aan winkelsentrums, die sentrale sake-distrik, die Universiteit van Pretoria, sportstadions en besienswaardighede, soos die Uniegeboue en die dieretuin geleë is.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.4
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Jaco J
Saam met lewensmaat
5.0
Lieflik rustig en baie mooi! Ons het baie lekker gebly. Sentraal, veilig en rustig!
Feb 2025
Gideon J
Saam met lewensmaat
5.0
Ruim private kamer, met wonderlike ontbyt was waarde vir geld. Ons oornag graag in Brooklyn gastehuise weens die geskikte ligging naby Tukkies waar on...
Sien meer
Jan 2025
Shannon S
5.0
Enjoyable stay. It was lovely. The accommodation is comfortable and tidy. The breakfast is wonderful. Staff are helpful. It would be ni...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Jan V
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het dit baie geniet. Pragtige tuine! Dit was regtig 'n heerlike oorslaap. Ontbyt was ongelooflik lekker. 5 ster diens.
Des 2024
Louise O
Saam met lewensmaat
5.0
Good. I enjoyed everything, except when they said the room wasn't ready by the check-in time and I had to wait.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Bernice Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 70

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • Murraystraat 137, Brooklyn, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink 137 @ Murray Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 535
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 535
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 112 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Murraystraat 137, Brooklyn, Pretoria, 0181, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcc20bd3d6c8d41327af333b48c1e6eb4dfd43f2cc93e8f289ea8eba63d37603fe4d006dec18a97cc7bc88a0ee1fa75a6475d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 535 per nag, vir 2 mense 41 5 1 5 137 Murray Street Brooklyn 0181 Gauteng 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.762883680325 28.236500918665

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
242526272812345678910111213141516171819202122232425262728293031123456
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
242526272812345678910111213141516171819202122232425262728293031123456