Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

15 Katjiepiering Avenue

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Katjiepieringlaan 15, Hartenbos Heuwels, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R440 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

15 Katjiepiering Avenue bied verblyf in 2 eenhede op dieselfde perseel as die bestuurder se huis. Let wel dat daar 2 honde op die perseel woon. Dit is naby die strand en die heuwels van Hartenbos.

Eenheid 1 is 'n selfsorgwoonstel met slaapplek vir 2 gaste. Daar is 'n privaat ingang. Die slaapkamer het 'n dubbelbed, kaste en 'n spieël. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saamvat.

Daar is 'n oopplan-kombuis en -sitarea. Die kombuis is met 'n yskas, vrieskassie en mikrogolf toegerus. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale. Braaigeriewe is buite die eenheid beskikbaar. Ongelukkig het die eenheid nie lugversorging nie.

Eenheid 2 het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander slaapkamer het 'n dubbelbed. Die hoofslaapkamer het 'n platskerm-TV. Daar is 2 badkamers waarvan een en suite is. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster en eetgerei. Gaste kan van die braaigeriewe gebruik maak.

Veilige parkeerplek is op die perseel agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar. Let wel dat daar nie 'n kaartgeriewe op die perseel is nie en dat troeteldiere nie toegelaat word nie.

15 Katjiepiering Avenue is 2 km vanaf die strand en ander doendinge in die area. Gaste kan in die see of warmwater-poele swem, diepseevisvang, bootritte meemaak, haaihokduik, wildritte geniet en gholfspeel. Gaste kan ook 1 van die wildsplase, die volstruisplase, die Kangogrotte, Plettenbergbaai, Jukani Wildlife Sanctuary, Monkeyland of Birds of Eden besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 69 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Eurelia M
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker sentraal gebly. Lekker gebly. Geen probleme ondervind.
Aug 2024
Ansie S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker bederf week! Baie dankie vir 'n lekker week by jou. Baie dankie vir die hulp en 'n skoon, gerieflike plekkie en vir die koffie bederf!
Jul 2024
Donald E
Saam met lewensmaat
5.0
Baie geniet. Blerrie lekker. Vriendelik. Netjies. Skoon. Ek en woef gaan nog groot maats word. Ek werk daaraan.
Mrt 2024
Louisa K
Saam met lewensmaat
5.0
Baie gerieflik en genoeg spasie. Ons was baie vriendelik ontvang. Die plekkie was skoon en netjies, alles wat ons nodig gehad het.
Mrt 2024
Elzaan M
5.0
Rustig en gemaklik. Ek het baie lekker gebly in die oulike woonstelletjie. Alles wat mens nodig het vir 'n vinnige wegbreek was beskikbaar - eintlik s...
Sien meer
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Anel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 69

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Katjiepieringlaan 15, Hartenbos Heuwels, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink 15 Katjiepiering Avenue het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R440
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R440
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Katjiepieringlaan 15, Hartenbos Heuwels, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb40a04e51ecd91af9498975219d8c8328d59144cfe34c4f5093e3f910601d23a2184747bfe127b7957d6e8301fca9a47d0ef?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R440 per nag (plek vir 2) 69 5 1 5 15 Katjiepiering Avenue Hartenbos Heuwels 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.120481400623 22.098298966885

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang