Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

1501 Hibernian Towers

Selfsorg

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Hanlie Geverifieer

Eiendomme 20

Resensies 183

Op LekkeSlaap 8 jaar

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 4 resensies vir 1501 Hibernian Towers
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.3/5
Chris O - Mei 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chris O

Baie aangenaam!

Die perseel was skoon en netjies, baie goed toegerus met pragtige uitsigte oor die see en berge. Ons sal Hibernian Towers beslis weer oorweeg.

Eben D - Mei 2023
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Eben D

As gevolg van die toestand van woonstel, nie baie impress nie ─ Just letting was baie gaaf en behulpsaam. Teenoor my vorige verblyf in 1103 was dit 'n teleurstelling.

Eerstens was die woonstel nie skoon nie. Die krag was op 95 eenhede vir 'n week en ons is meegedeel dat ons self krag moet koop. Just letting het egter 'n verdere R 600.00 se krag gelaai. Daar was geen swartsakke of toiletpapier nie. Die stort se deur se rubber was af en lek. Twee beddens se basisse was gebreek en is die beddens sonder pote op die basis op grond gesit. Die blinder in die gang is stukkend en die kamerdeur se slot is stukked. Die vrieskas/yskas lek met tye, dat Just letting vir ons ekstra handdoeke gebring het om op die vloer te hou. Baie breekware is getjip. Die onderste laai in kombuis is stukkend. Een kroeg stoeltjie se sitplek is stukkend. Die Woonstel adverteer 2 storte, maar daar is slegs een baie klein stort. Die gym het geen tredmill of fietse gehad nie, net 'n paar gewigte en tou. Volgens my kort die woonstel 'n upgrade, want die verf begin afdop en die mure vertoon nie skoon nie. 'n Gashop sal baie help om die loadshedding te bekamp, want jy sit ure sonder krag.

Miggie G - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Miggie G

Dit was uitstekend gewees.

Die Strand self het baie wind, maar uitsig is fantasies. Plekke rondom soos Stellenboch is baie mooi om te besoek. Sal beslis weer daar gaan bly.

Raedun M - Mei 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Raedun M

Gerieflik, sentraal, beste uitsig ooit en stil.

Met ons aankoms, was ons ingelig oor verbeterings in die hoofbadkamer, naamlik bad vervang met stort. Dit was 'n groot mislukking, bouer het drooggemaak en het water vanaf die stort tot in die kombuis gestroom - alles nat. Ons moes toe almal die klein badkamer gebruik. Ons glo die fout sal teen die tyd herstel wees. Bestuur het helpers gebring om droog en skoon te maak.

Vanaf
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R2 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Kusweg 132, Hibernian Towers 1501, Strand, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4fbc2c96901da7c24be63a7a6bf1dcc3f6cbf991bed004a24d9017a7771f348b670c444afdd23110747a3732f3105230de56?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 132 Beach Road Hibernian Towers 1501 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-17:00 09:00 -34.114101805064 18.822591399931

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang