152 Seasons Sport
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bushveld View Estate, Plot 118, Hartebeespoort, 2001, Noordwes
- Vanaf R4 400 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
152 Seasons Sport is 'n luukse vakansiehuis in die Seasons Sports and Spa Resort in Noordwes, Suid-Afrika. Dit bied rustigheid en ontspanning en hierdie landgoed is 'n luukse ontspanningsoord in die hartjie van die Suid-Afrikaanse bosveld. Daar is 300 hektaar van inheemse skoonheid op die noordelike helling van die Magaliesberge wat die perfekte plek is om te ontspan ver van die stad se gedruis.
Die huis se dekor is elegant en skep 'n gemaklike atmosfeer. Hierdie huis bied slaapplek aan 8 volwassenes en 4 kinders. Dit beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 stapelbeddens geskik vir 4 kinders onder 16 jaar. Die vyfde slaapkamer het 'n koningingrotte-bed. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Alle linne en handdoeke word verskaf.
Die leefarea het 'n lieflike kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser in die opwaskamer. Die kombuis lei na 'n etenstafel met stoele geskik vir 8 gaste en na die ruim sitarea met rusbanke en 'n TV.
Die skuifdeure in die sitarea lei na die groot onderdakstoep met gemaklike sitplek en 'n gasbraai.
Gaste het toegang tot die landgoed se gholfbaan, 'n groot swembadarea buite met 'n gimnasium, putt-puttbaan en 'n speelarea met skaak. Daar is ook 'n uitkykpunt waar gaste voëls kan kyk. Tanglewood Restaurant is langs die Seasons Spa en het 'n eenvoudige dog heerlike spyskaart.
Hierdie luukse gesinsvakansiehuis in Seasons Sports Resort is die ideale toevlugsoord vir diegene wat op soek is na 'n rustige en onvergeetlike wegbreek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Kinderstapelbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Spa-behandelinge
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Dillon Geverifieer
Eiendomme 65
Resensies 203
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Bushveld View Estate, Plot 118, Hartebeespoort, 2001, Noordwes
Sien meer verblyf in Hartbeespoort Bojanala Noordwes
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bushveld View Estate, Plot 118, Hartebeespoort, 2001, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang