Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Brenton Park Sweet 16

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kapt. Duthie-laan, Brenton Park 16, Lake Brenton, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 400 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

16 Brenton Park is 'n vierslaapkamer-selfsorgkothuis in Brenton Park in Lake Brenton, Knysna. Brenton Park is veilig en het 'n rustige en ontspanne atmosfeer. Dit is net 'n kort entjie van die strandmeer en jetty af en is naby Brenton-on-Sea se strand wat net oor die heuwel is. Knysna is sowat 15 km se ry daarvandaan.

Die kothuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Dit lei na die eetarea en ingeboude braai of kaggel. Daar is groot skuifdeure wat na die grasperk lei. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak en stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde en vierde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, wasbak, stort en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, 'n mikrogolf, Nespresso-masjien, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitkamer het 'n gerieflike sitkamerstel en 'n TV met DStv. Daar is 'n binnebraai met 2 stoele.

Dit is in 'n pragtige tuin met tarentale, hasies, 'n paar bosbokke en ’n volop voëllewe geleë. Daar is verskeie restaurante en 'n winkeltjie naby die kothuis. Binne Brenton Park is daar 2 tennisbane, kroukiebane, 'n swembad, kinderspeelarea, wasmasjiene wat met munte werk en lieflike, oop grasperke.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.7
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Cheryl Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 25

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Kapt. Duthie-laan, Brenton Park 16, Lake Brenton, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Brenton Park Sweet 16 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kapt. Duthie-laan, Brenton Park 16, Lake Brenton, Knysna, 6570, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9f81689a2f45f4cdf864ef843d83051e29fa7c5317452390e87f5c88a369698866cfc9578adebe63ee43106a4cf5de957b89?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag (plek vir 8) 6 5 1 5 Capt. Duthie Avenue 16 Brenton Park, Lake Brenton 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.058859335224 23.028409928084

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang