16 Perlemoendraai Beach House
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Perlemoendraai 16, Moeriesbaai, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
- Vanaf R3 750 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Hierdie bekoorlike afgewitte huis is teen die strand in Moeriesbaai geleë, een van Jacobsbaai se klein baaitjies aan die Weskus. Die huis bied gerieflike slaapplek aan 8 volwassenes.
Daar is 4 en suite-slaapkamers, 2 van hulle is onder en het 'n skakeldeur, en beskik elk oor 'n koningingrootte-bed. Die solderkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens wat ideaal is vir 'n gesin van 4 of vir 2 volwassenes. Die solder het 'n aparte stort en toilet en ook sy eie balkon.
Bo die motorhuis is nog 'n en suite-slaapkamer met 'n koninggrootte-bed, koffiehoekie en yskassie, stort en aparte toilet. Hierdie kamer het ook 'n lieflike see-utisig en 'n aparte ingang van die binnehof-area af.
Die moderne kombuis is oopplan en goed toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, en 'n ingeboude waterfilter. Daar is 'n skottelgoedwasser en wasmasjien/droër in die opwaskamer. Die gerieflike leefarea het 'n kaggel.
Gaste kan die wonderlike uitsigte van die ruim veranda af geniet, of lekker lê en lees in die hangmat. Die strand en getypoel is net 'n paar tree weg. Daar is 'n Fluid-kano wat gaste kan gebruik. Gaste moet hul eie hout bring om te braai of om die kaggel aan te steek. Linne en handdoeke word voorsien.
Daar is geen TV of WiFi in die huis nie.
Doendinge in die omliggende area sluit die volgende in: fietsryroetes, stap- en drafroetes, visvang, kreefduik (slegs in seisoen) en branderplankry. Augustus en September is blomseisoen in Jacobsbaai, wat moontlik die beste geheim aan die Weskus is. Daar is verskeie restaurante naby Jacobsbaai en die West Coast Mall is 12 km weg in Vredenburg.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
2 x Kinderbed vir 1
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Elektriese kombers
- Kaggel
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Erica Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 67
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Perlemoendraai 16, Moeriesbaai, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
- Gaste dink 16 Perlemoendraai Beach House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Jacobsbaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Perlemoendraai 16, Moeriesbaai, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang