Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

163 Eden on the Bay

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Sir David Baird-rylaan en Otto du Plessis-rylaan, Eenheid 163 Eden on the Bay, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 469 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

163 Eden on the Bay is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige, lewendige kompleks in Bloubergstrand. Die Eden on the Bay-kompleks is ideaal geleë naby die strand en 'n entjie se ry van ander besienswaardighede in Kaapstad af.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-stort met 'n toilet en wasbak. Jy kan pragtige sonsondergange en die see-uitsigte vanuit hierdie kamer geniet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede badkamer het 'n bad en 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, stoof en oond, mikrogolfoond, ketel, en 'n ontbyttoonbank met stoele. Die eetarea het 'n ronde etenstafel en stoele met sitplek vir 6. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV en see-uitsigte. Die woonstel het 'n balkon wat uitkyk oor Tafelberg en Robbeneiland. Sit terug en ontspan en geniet die uitsigte oor Bloubergstrand vanaf die balkon van hierdie pragtige vakansiewoonstel.

Daar is 'n paar vibey-restaurante, winkels en ander geriewe in die kompleks. Boonop is die kompleks ongeveer 20 km vanaf Kaapstad se middestad, en 33 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe geleë.

163 Eden on the Bay bied alles wat jy nodig het vir 'n wonderlike strandvakansie.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Nadia Geverifieer

Eiendomme 14

Resensies 61

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Hoek van Sir David Baird-rylaan en Otto du Plessis-rylaan, Eenheid 163 Eden on the Bay, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink 163 Eden on the Bay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 469
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R3 469
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Sir David Baird-rylaan en Otto du Plessis-rylaan, Eenheid 163 Eden on the Bay, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe032d86edf1a4da81e515a7fa19e36e092f627178f4aca3d03d7c3ebeb8c314b09bd63e3aaebe59bbb9db75651bc3825c7cc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 469 per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 Cnr Sir David Baird Drive and Otto du Plessis Drive Unit 163 Eden on the Bay 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.7921699 18.4584209

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang