Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

5 Arrowood

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Perestrello-straat, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

5 Arrowood is 'n selfsorgwoonstel in 'n baie veilige kompleks tussen die dorpie en die strand. Dit bied al die geriewe van 'n sentrale ligging en is 'n entjie se stap van die dorp en strand af. Die uitsigte van dié kompleks af oor die baai, riviermond en strandmeer na die Tsitsikammaberge in die agtergrond is asemrowend. Die sprankelende swembad met 'n kinderplonspoel en veilige parkeerplek rond die prentjie mooi af.

Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die hoofbadkamer het 'n bad.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV met 'n DVD-speler.

Die leefarea bied toegang tot 'n lieflike stoep met braaigeriewe. Die stoep bied toegang tot die tuin.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.7
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Paula Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 15

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Perestrello-straat, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink 5 Arrowood het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Perestrello-straat, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAndd5mbHCl2RMVTHDCTHR1dCCubKMnpfGE5bF7uSghnzaKEIyCw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4) 3 5 1 5 Perestrello Street Plettenberg Bay 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 09:00 -34.057557168717 23.374207019806

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang