17 Oceana
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ingleside-weg 13, Kampsbaai, 8001, Wes-Kaap
- Vanaf R8 500 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
17 Oceana is 'n pragtige selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Kampsbaai, Kaapstad. Dit spog met lieflike see-uitsigte en is sowat 10 minute se stap vanaf die gewilde Kampsbaai-boulevard geleë wat 'n paar van die Moederstad se beste restaurante het.
Dié woonstel het slaapplek vir altesaam 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. 'n Stort, wasbak en toilet is in albei badkamers beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die helder en lugtige oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek en 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Hierdie leefarea maak oop op 'n sonnige balkon met buitemeubels wat 'n ideale plek is vir óf 'n oggendkoffie óf 'n skemerkelkie terwyl jy die see-uitsigte bewonder. Die kompleks bied veilige parkeerplek, 2 gemeenskaplike swembaddens en braaigeriewe.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Bettina Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 1
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Ingleside-weg 13, Kampsbaai, 8001, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Kampsbaai Atlantiese Seekus Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ingleside-weg 13, Kampsbaai, 8001, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang