Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

170 Horsewood

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Horsewood 17, Zimbali, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R7 300 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

170 Horsewood bied veilige en moderne verblyf in Zimbali, Ballito. Dié dubbelverdiepinghuis bied 'n ruim leefarea, gehaltemeubels, goeie kuierareas en moderne afwerkings. Dit is ideaal vir 'n gesinswegbreek.

Hierdie huis is geskik vir 10 gaste en het 5 slaapkamers en 4 badkamers. Drie van die slaapkamers het elk 'n en suite-badkamer. Daar is 2 en suite-slaapkamers op die eerste verdieping. Die een slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die ander 'n koningingrootte-bed. Die badkamers het elk 'n bad en stort. Die hoofslaapkamer se en suite-badkamer het ook 'n TV. Die ander 3 slaapkamers is op die grondverdieping. Die derde en suite-slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n bad en stort. Die ander slaapkamers het stapelbeddens en deel 'n badkamer wat 'n stort het.

Die oopplan-kombuis het mooi beligting, 'n groot toonbank en 'n TV. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, broodrooster, yskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Verder is daar 'n eetarea met 'n etenstafel vir 10 en 'n sitarea wat oorgenoeg gemaklike banke het. Die volle DStv-pakket is beskikbaar en WiFi word voorsien. Die leefarea is so ontwerp dat daar baie lig instroom. Dié area lei via groot skuifdeure na 'n groot onderdakstoep wat 'n gasbraai, baie sitplek en 'n pooltafel het. Daar is ook 'n plonspoel en swembad. Die buite-area spog verder met 'n etenstafel vir 8 langs die swembad.

Gaste het 'n privaat ingang, veilige parkeerplek en 'n toesluitmotorhuis.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 5 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Stapelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Kinderstapelbed

Badkamer

Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Marion Geverifieer

Eiendomme 35

Resensies 4

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Horsewood 17, Zimbali, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 7 300
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R 7 300
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Horsewood 17, Zimbali, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAab95b4183d9e26c11c51bde44e1d22dc5547da674117a71454b54c28f286ad87a548f51dd200f81d767e09799d0c48a29a65?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 300 per nag (plek vir 10) 17 Horsewood Zimbali 4420 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.5621285 31.1898574

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang