Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

178 Club

Gastehuis
Spesiale Aanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 27 Jun 2024 tot 30 Sep 2024.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Club-laan 178, Ashlea Gardens, Pretoria, 0081, Gauteng
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

178 Club bied gerieflike verblyf in Pretoria. Ons is sentraal geleë en naby Brooklyn, Menlyn Mall, die Hazelwood-sentrum en die Time Square Casino. Hier is tientalle kantore in die omgewing wat 178 Club ideaal maak vir sakereisigers.

Alle geriewe is in kamer asook werkstasie vir gaste wat saans moet werk. Talle restaurante en filmteaters in die omgewing. Besienswaardighede sluit die Voortrekker Monument, Krugerhuis, Dieretuin, Ann Van Dyk Jagluiperdsentrum, Rietvlei Natuurreservaat en die Nasionale Botaniese Tuine van Suid-Afrika in. Ons is baie naby die Pretoria Country Club.

Die verblyf beskik oor 2 en suite-slaapkamers met aparte ingange. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort. Geriewe in die kamer sluit in, lugversorging, DStv, 'n yskassie, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe. Beskuit word voorsien.

Daar is ook 'n swembad, maar dis egter tussen 15 April en 30 September met 'n seil bedek. Daar is swemhanddoeke in die kas en 'n braairooster is op versoek beskikbaar. Daar is veilige parkeerplek agter 'n elektriese heining.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Kantoorgeriewe
  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Cavalier C
Saam met vriende
5.0
Gemaklik en veilig. Baie dankie aan 178 Club. Hester het uit haar pad gegaan om ons week gemaklik en lekker te maak. Mooi kamer en als wat 'n mens nod...
Sien meer
Aug 2024
Cara S
5.0
Thoroughly enjoyed my stay. I would definitely stay there again. The accommodation met all my requirements. A warm and friendly welcome...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Angelique W
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was awesome. Baie lekker plekkie om weg te breek. Die eie aar is super awesome. Ek en my verloofde het baie lekker gebly.
Jun 2024
Daniel V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker oorgeslaap. Skoon en netjies. Veilige parkering. Eie ingang.
Mei 2024
Magda G
Saam met lewensmaat
5.0
Naby aan Club Surgical Centre en restaurante. Hester, dankie vir al jou moeite en boodskappe. Sal definitief weer daar gaan oorslaap. Die inverter het...
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Hester Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 44

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Club-laan 178, Ashlea Gardens, Pretoria, 0081, Gauteng
  • Gaste dink 178 Club het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Club-laan 178, Ashlea Gardens, Pretoria, 0081, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhhMzVmOTRkLWE4ZjgtNDg3NS1iNGExLTRhZmZhOWNlNjRiMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 44 5 1 5 178 Club Avenue Ashlea Gardens 0081 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.788048188968 28.26584815979

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang