Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

186Ridge

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ridge-straat 186, Muckleneuk, Pretoria, 0002, Gauteng
  • Vanaf R1 350 per nag, vir 3 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

186Ridge is 'n selfsorg-tuinwoonstel aan die buitewyke van die statige, ou voorstad Muckleneuk, en dis stapafstand vanaf UNISA. Ons is slegs 'n paar minute van die sentrale sakekern af, tog is die area vreedsaam en stil met bome wat die strate belyn en geen stadsgeraas wat die vreedsaamheid van die woonbuurt versteur nie.

Die woonstel het 'n leefarea met 'n dubbelbed, gemakstoele, 'n eetarea en 'n TV met Netflix-toegang en 'n DVD-speler. 'n Kleiner slaapkamer met 'n enkelbed vorm ook deel van die woonstel. 'n Privaat badkamer is beskikbaar vir die eenheid en handdoeke, seep en sjampoe word voorsien. Die kombuis is volledig toegerus met 'n vierplaatstoof, 'n oond, 'n mikrogolfoond, yskas en ander toebehore. Daar is 'n Jacuzzi en 'n sauna vir die eksklusiewe gebruik van ons gaste in die woonstel.

Geniet 'n lieflike uitsig oor die tuin en eendedam, waar Clyde, Thelma en Louise, die inwonende eende, en verskeie ander voëlsoorte te sien is. Saans kan jy moontlik die plaaslike nagapies in die boomtoppe sien kerjakker. Ons is na aan verskeie uitstekende restaurante en kroeë.

186Ridge is stapafstand van UNISA se hoofkampus af (minder as 10 minute se stap) en UNISA se Sunnyside-kampus is slegs 20 minute se stap van ons af. Dis gerieflik na aan verskeie ambassades geleë, waaronder die Ambassade van België, Finland, Egipte, Frankryk en Nederland.

Aangesien ons na aan verskeie hoofroetes geleë is, is dit maklik om van en na ons instansie te reis. Die roetes wat maklik toeganklik van ons af is sluit in: R21 (die roete na en van die OR Tambo Internasionale Lughawe) en die Ben Schoeman Snelweg (na en van Johannesburg).

Kamer-opset

Kapasiteit: 3 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Jacuzzi
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Tv

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 84 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Jan B
Saam met lewensmaat
5.0
Voel soos tuiste. Ons het dit baie geniet, stil, skoon, gemaklik, die jacuzzi was 'n bonus vir die moegheid. Vriendelike ontvangs, baie kommunikasie. ...
Sien meer
Nov 2023
Zaskia M
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie waarde vir geld. Ek het 'n noodgeval gehad en vinnige diens ontvang. Die plekkie was baie mooi, rustig en privaat. Die dekor idees is oulik.
Okt 2023
Dihan P
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige atmosfeer. Baie veilige en skoon verblyf. Eienaars was baie beskaafd en behulpsaam. Geen geraas van die stad nie. Het baie gehou van die eende...
Sien meer
Aug 2023
Roland M
Saam met vriende
4.8
Fanatastiese plek, sal weer gaan. Baie goeie, skoon plek. Baie goeie ligging.
Feb 2023
Heinrich V
Saam met lewensmaat
4.6
Rustig, stil, veilig en privaat. Absoluut waarde vir geld. Baie ruim en netjies. Vriendelike ontvangs. Sal dit beslis verwys na ander besoekers. Jacuz...
Sien meer
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Arno Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 84

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Ridge-straat 186, Muckleneuk, Pretoria, 0002, Gauteng
  • Gaste dink 186Ridge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 350
per nag, vir 3 mense
Vanaf
Vanaf R1 350
per nag, vir 3 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ridge-straat 186, Muckleneuk, Pretoria, 0002, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU3NzNhNmQyLTc3MTItNDBkOC05OWZjLWEzNzlkNzU3MTlkZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag, vir 3 mense 84 5 1 5 186 Ridge Street Muckleneuk 0002 Gauteng 021 201 8901 13:00-23:00 10:00 -25.762716056339 28.200531005859

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang